Voeding

← Terug na indeks
  • Lusern en mielies vir volstruise

    As jy lusern voer, is dit nodig om mielies by te sit? Wat het mielies as voedingswaarde wat lusern nie alreeds het nie? Ek voer volstruise.
    • Voedingsbehoeftes van braaikuikens

      Hoeveel kos per dag per kuiken moet ek voer? Ek het mooi groot voerbakke en kuikens kan gemaklik eet sonder om te baklei vir kos. Hoeveel voer moet afgeweeg word per kuiken per dag?
      • Lêmeel of lêpille vir henne

        Maak dit saak of my lêhenne lêmeel of lêpille gegee word want ek het albei voere al gegee. Dit wil voorkom of hulle die meel bo die pille verkies alhoewel ek sou dink dat die growwer pille meer voordelig vir die spysverteringskanaal sou wees?
        • Hoendervleis is smaakloos

          Ek bly by my kind in UAE en vind die hoendervleis baie smaakloos. Wat kan die rede wees?
          • Wilde dagga as voëlkos

            Kan wilde dagga vir voëls gevoer word?
            • Heel mielies as voeding vir hoenders

              Is heel mielies voedsaam vir hoenders?
              • Grootmaak van kapokkuikentjies

                Ons het 11 baba kapokhoendertjies gekry en hul vrek een na die ander op ons erf. Watter kos moet ons hul begin gee en dan later gee en hoeveel per dag en waar kan ons kos kry vir hulle?
                • Vlieglarwes as voer

                  Ek is nuut in die landbou en is sterk besig om navorsing te doen om met braaikuikens te boer. My vraag is, kan vlieglarwes toegevoeg word in die braaikuiken se dieet of moet dit eerder nie gedoen word nie?
                  • Hoenders en sonneblomsaad

                    Kan sonneblomsaad skade doen aan 'n hoender of is dit net 'n storie?
                    • Probleme met braaikuikens in die eerste week

                      Ek boer met 400 braaikuikens per slag. Met die laaste 4 besendings het baie kuikens gevrek. Van die kuikens wat aangekom het, was kleiner as die res. Dit lyk of hulle nie hul o? kan oopmaak nie. Ek verloor sowat 20 kuikens in die eerste week. As hulle groter word, is dit asof ‘n klomp kannibalisties raak. Hulle pik mekaar stukkend en trek vere uit. Party het ook snymerke op hulle rug.