-
Ons Braaikuikens is nou 8 weke oud hulle kry voorgeskrewe groeimeel en tans kry hulle gemaalde geel en wit mielie mengsels,kaliumpermanganaat in water. Ons probleem egter is dat ons nou by ons 3de braaihoender is wat nie kan loop nie hulle is al redelik groot.Hulle hok het baie beweeg ruimte. Ons is hier in Thabazimbi se wereld. Wat kan die oorsaak wees hiervoor?
-
Ek boer met hoenders op die plaas en wil graag ‘n entstofprogram vir hulle kry, kan julle my help?
-
Wat is die moontlike oorsake van verlamming in pluimvee?
-
My hoenders het lam geword en Marek se siekte is gediagnoseer. Kan u my meer inligting oor die siekte gee?
-
Jong geregistreerde loumin bruin kruising lê nou eiers vir ongeveer 2 maande. Hulle loop na 10 vm vry buite rond en word nie in batterye gehou nie. Hulle raak lam, die bene trek agtertoe en die pootspiere trek styf. Henne sit vir 'n paar dae en vrek dan. Ek het hul oopgesny, die harte is abnormaal klein en daar is wat lyk soos dooie bloed om die hart. Sodra so 'n hen gaan sit om te vrek, pik die ander…
-
Ek sit met daaglikse vrektes van 2 tot 3 henne ‘n dag. Hulle word op batterye aangehou, 3 in ‘n hok. Ek het die henne 2 weke terug ingekoop en met die aankoop van die henne het hulle die volgende simptome getoon: Agterente van henne is skoon gepik, en hulle het snotneuse gehad en baie sleg geruik. Twee weke later is daar nog steeds hoenders wat sleg ruik, van hulle vere het begin teruggroei en die snotneuse lyk al beter,…
-
Waarom verkleur die hen se kam amper tot wit as sy op haar eiers lê asook as daar ‘n dooie kuiken onder haar is?
-
Ek het hoenders wat in tuisgemaakte broeikas uitgebroei is - ongeveer 1 jaar oud. Hulle is vrylopend en slaap snags in ‘n hok. Party van die henne rek hul nekke en skreeu - en van hulle is al dood. Ek het 'n dooie hoender na die veearts geneem vir ‘n nadoodse ondersoek. Die uitslag was dat daar baie geel vet in die lewer is. Ek voer hulle gemengde graan en in die aand kry hulle slaaiblare, ou natgemaakte brood en…