Pootprobleme

← Terug na indeks
  • Braaikuikens word lam

    Ons Braaikuikens is nou 8 weke oud hulle kry voorgeskrewe groeimeel en tans kry hulle gemaalde geel en wit mielie mengsels,kaliumpermanganaat in water. Ons probleem egter is dat ons nou by ons 3de braaihoender is wat nie kan loop nie hulle is al redelik groot.Hulle hok het baie beweeg ruimte. Ons is hier in Thabazimbi se wereld. Wat kan die oorsaak wees hiervoor?
    • Braaikuikens kan nie loop nie

      My braaikuikens is 8 weke oud. Hulle kry voeding van 'n erkende meule. Kos en water is heeltyd beskikbaar. Daar was nou 2 gevalle van kuikens met bene wat styfskop na buitekante toe en wat nie kan loop nie.
      • Verlamming en lamheid in pluimvee

        Wat is die moontlike oorsake van verlamming in pluimvee?
        • Swart kolle op sole van gevriesde hoenders se pote

          Ek het onlangs in my handel te doen gekry met skoongemaakte hoenderpote (bevrore-gevries) . Dit was ‘n pragtige produk, maar elk van die voete het swart kolle op die loopoppervlak of kussings van die voetjie gehad. Gelukkig het ek dit gesien en toe nie bemark nie, maar ek kan nêrens ‘n antwoord kry oor wat dit veroorsaak nie. Dankie. Ronsard Moolman.
          • Groeisels op hoenders se bene

            Ek wil graag meer uitvind oor swamme op hoenders se pote. Is dit aansteeklik of oordraagbaar?