Parasiete

← Terug na indeks
  • Skurwebeenmyt (boetson) van pluimvee

    Ek soek meer inligting oor boetson.
    • Beheer van hoendermyte

      Ek het u antwoord op die groeisels op hoenders se bene gelees en wil graag weet of ek die hokke ook moet behandel. My hoenders loop in die dag in groot kampe en snags maak ek hulle toe in groot hokke. Kan ek die Karbadust in die hokke strooi of hoe moet ek maak?
      • Myte op voëls

        Ek het 'n bosduifie opgetel en hou hom/haar tydelik in die huis weens die woeste reën in die Kaap. Nou sê 'n kollega iets van rooi luise op voëls en wat dodelik vir my kat kan wees!! ?? Is dit so en wat maak ek nou, die voëljie al vandag 7 dae in ons kamer waar my kat ook slaap.
        • Hoenders met vlooie en verkoue

          Ons kinders het so ‘n dosyn hoenders, wat middel Desember vlooie gehad het. Dit is onder beheer gebring met Karbadust en die hokke is gespuit met Malasol. Eerste vraag : - ons sien twee weke later alweer vlooie op hulle koppe. Hoe op aarde kry ons dit uitgeroei? Help asb! : - die laaste week loop die hoenders en proes en skud hulle koppe, so asof hulle verkoue het. Wat kan ons doen?
          • Boerdery met Boschveldhoenders

            Ek het 25 Boschveldhenne en 2 Boschveldhane wat ek in twee groterige hokke agterin my erf aanhou. Ek het die hane geskei met elk 'n klompie henne. Die hoenders is nou ongeveer 18 maande oud en ek gebruik hulle hoofsaaklik vir eiers. Ek voer hulle chicken mix (mieliegruis en sonneblom) en laying mash. Ek gee hulle ook elke dag ‘n handvol groen radyslobbe wat ek spesiaal in my tuin vir hulle kweek. Dis goedkoop, groei maklik en die hoenders geniet…
            • Hoendertampans

              Vertel my meer van die hoendertampans.
              • Koksidiose in pluimvee

                My kuikens vrek en het bloederigheid in hulle mis, wat kan dit wees?
                • Inwendige- en uitwendige parasiete in hoenders

                  Ek het werfhoenders, kaalnekke en Boschvelders wat gelukkig die hele wêreld vol loop. Tydens my werk in Botswana het die mense laat weet van die hoenders val om en wil nie loop nie. Die staatsveearts het ‘n post mortem gedoen en bevind dat die mae en derms leeg is en grond en lintwurms bevat. Ek voer nou meer, maar weet nie hoe om van die wurms ontslae te raak nie. Corne
                  • Hoenders met rooi kaal nekke

                    Ons het hoenders op die werf wat ons van die vorige eienaar geërf het. Die afgelope 2 maande het hulle voorkoms baie versleg. Plek-plek, veral aan hul nekke, het hulle geen vere meer nie en die velle is rooi. Hulle het op 'n stadium vlooie gehad wat ons met karbudust behandel het en ons sien nie meer vlooie op hulle nie. Kan dit wees dat hulle 'n siekte onder lede het met die dat die vere en vel so sleg…