Hoenders

← Terug na indeks
  • Boek oor pluimvee

    Mnr Bezuidenhout het 'n boek geskryf oor hoe om groente te groei, kan hy of dalk daaraan dink, om ook 'n boek te skryf oor die pluimvee, - die boek oor groente is baie insiggewend en het my seun gehelp om patats te plant.
    • Entstofprogram vir kleinskaal lêhoenderboere

      Ek boer met hoenders op die plaas en wil graag ‘n entstofprogram vir hulle kry, kan julle my help?
      • Hoenderboerdery onder slaapkwartiere

        Weens diefstal beplan ek om met hoenders op ‘n grondvloer in ‘n stoor te boer. Daar bly werkers op die boonste vloer. Sal dit nadelig vir hul gesondheid wees?
        • Besigheidsplan vir hoenderboerdery

          Kan u my verwys na iemand wat aan my 'n raamwerk vir 'n besigheidsplan vir 'n hoenderboerdery kan verskaf. Die voorsitter van ons trust wil 'n hoenderboerdery met 10,000 hoenders implementeer en so ver het hy nog net die grond. Van my word verwag om die finansiële beplanning te doen. Ek sal graag wil weet wat al die komponente, wat benodig word om die infrastruktuur te skep, is, wie dit verskaf, waar kuikens en voer aangekoop word (verskaffers) en alle…
          • Grootmaak van kapokkuikentjies

            Ons het 11 baba kapokhoendertjies gekry en hul vrek een na die ander op ons erf. Watter kos moet ons hul begin gee en dan later gee en hoeveel per dag en waar kan ons kos kry vir hulle?
            • Koekoekhoenders se pote verskil in kleur

              My koekoekhoenders se pote verskil in kleur. Party het geel en ander het wit pote. Is dit twee verskillende rasse?
              • Probleme met braaikuikens in die eerste week

                Ek boer met 400 braaikuikens per slag. Met die laaste 4 besendings het baie kuikens gevrek. Van die kuikens wat aangekom het, was kleiner as die res. Dit lyk of hulle nie hul o? kan oopmaak nie. Ek verloor sowat 20 kuikens in die eerste week. As hulle groter word, is dit asof ‘n klomp kannibalisties raak. Hulle pik mekaar stukkend en trek vere uit. Party het ook snymerke op hulle rug.
                • Pokkies by voëls

                  'n Ruk gelede het my kalkoene vratte in hulle gesigte begin te kry. Dit word met verloop van tyd meer en groter en tas hulle bekke asook vermo? om te eet aan, gevolglik vrek hulle. Dit wil voorkom asof dit aansteeklik is, aangesien ander ook besmet word as een dit het. Onlangs het dit ook kop begin uitsteek by my pou kleintjies. Dit wil voorkom asof die volwasse poue meer bestand daarteen is, maar die pou kleintjies en kalkoene vrek…
                  • Hoenders as draers van kalwersiektes

                    My kalwers kry maagloop wat moeilik voorkombaar is. Kan die hoenders wat losloop tussen die hokke enige siektes aan die kalwers oordra?
                    • Rare geveerde hoenderrasse

                      Die Landbouweekblad het onlangs ‘n artikel gehad van seldsame hoenderrasse, is dit moontlik om vir my die artikel te plaas?