Handboeke en inligting

← Terug na indeks
  • Boek oor pluimvee

    Mnr Bezuidenhout het 'n boek geskryf oor hoe om groente te groei, kan hy of dalk daaraan dink, om ook 'n boek te skryf oor die pluimvee, - die boek oor groente is baie insiggewend en het my seun gehelp om patats te plant.
    • Vestiging van renostervoëltjies

      Ons boer naby Tweeling in die Noord-Oos Vrystaat. Ons het 1 renostervoeltjie in die omgewing. Ek kry hom gereeld op die perde, skape en beeste wat in die nabyheid van die huis loop. Nodeloos om te se, die arme outjie werk hom dood! Ek sou baie graag renostervoeltjies in hierdie omgewing wil vestig aangesien dit blyk of die voeltjie wat hier bly, by die klimaat (yskoue winters ens) kon aanpas. Waar kan ek sulke voeltjies bekom en hoe hervestig mens…
      • Inligting oor vrylopende hoenderboerdery

        Ek wil graag meer uitvind oor vrylopende hoenderboerdery. Waar kan meer inligting verkry word?
        • Entstowwe en immunisering van plaasdiere

          Ek wil net graag uitvind of die boek, “Entstowwe en immunisering van plaasdiere” deur Jan du Preez en Faffa Malan, weer in druk gaan kom en of ek die boek nog êrens in die hande kan kry? Dankie, Jacques de Villiers.