Eierproduksie

← Terug na indeks
  • Entstofprogram vir kleinskaal lêhoenderboere

    Ek boer met hoenders op die plaas en wil graag ‘n entstofprogram vir hulle kry, kan julle my help?
    • Lêhenne se eiers is aangetas

      Ek het vrylopende hoenders waarvan ek die eiers aan 'n restaurant lewer. Nou het hulle my gewys baie van die eiers se gele is stukkend, die wit is loperig en daar is bloedspatsels in. Is dit die kwaai warmte wat ons gehad het? Hulle kry lêpille (80%) gemeng met gemengde graan (20%). Ons is in die Wes Kaap. Help asb - dis dringend?
      • Eiers in yskas gehou, kan dit uitbroei?

        Ek wil weet of hoendereiers wat in die yskas gehou is steeds suksesvol sal uitbroei? Ek het 'n paar "plaashoenders" maar met die hitte bêre ek die eiers in die yskas en nou het ek twee broeis henne waarvoor ek moet eiers soek. Kan ek hulle gebruik , dit is nie gevries nie, net in die yskas gehou?
        • Keer henne om broeis te raak

          Wat kan ek doen om te keer dat my hoenderhenne broeis raak? Ek het ongeveer 80 Boschveld henne en 2 hane wat vry rondloop en in die aande in hokke slaap waar hulle ook eiers lê. Ek weet dit is die seisoen vir broei maar het nou al 6 wat klaar is, en 10 wat sit en nog 9 wat broeis is. Kan ek hulle eenkant in 'n hok sit sonder eiers? Sal die broeisheid oorgaan na 'n sekere tyd?…
          • Besigheidsplan vir hoenderboerdery

            Kan u my verwys na iemand wat aan my 'n raamwerk vir 'n besigheidsplan vir 'n hoenderboerdery kan verskaf. Die voorsitter van ons trust wil 'n hoenderboerdery met 10,000 hoenders implementeer en so ver het hy nog net die grond. Van my word verwag om die finansiële beplanning te doen. Ek sal graag wil weet wat al die komponente, wat benodig word om die infrastruktuur te skep, is, wie dit verskaf, waar kuikens en voer aangekoop word (verskaffers) en alle…
            • Grootte van hoendereiers

              My lêhenne is nou so twee tot drie maande in produksie. Die eiers is baie mooi van kleur en die produksie ongeveer 97%. Al probleem is die eiers is redelik klein. Wanneer kan ek verwag om groter eiers uit te haal? Kan dit die voer wees? Kry voer by 'n baie bekende voermaatskappy.
              • Bepaling van varsheid van eiers

                Hoe kan ek bepaal of eiers vars is?
                • Vervanging van lêhenne

                  In 'n antwoord in Jan 2010 is genoem dat henne se lêleeftyd 65 dae is. As mens met vrylopende hoenders boer; beteken dit dat 'n hen makimum 65 eiers in haar leeftyd gaan lê. Kan dit wees ? Wanneer is 'n lêhen oud ?