-
Hoeveel kos per dag per kuiken moet ek voer? Ek het mooi groot voerbakke en kuikens kan gemaklik eet sonder om te baklei vir kos. Hoeveel voer moet afgeweeg word per kuiken per dag?
-
Wat is die belangrikheid van beddegoed in braaikuikenboerdery?
-
Kan riviersand i.p.v. houtskaafsels vir braaikuikens gebruik word?
-
Ek bly by my kind in UAE en vind die hoendervleis baie smaakloos. Wat kan die rede wees?
-
My braaikuikens is 8 weke oud. Hulle kry voeding van 'n erkende meule. Kos en water is heeltyd beskikbaar. Daar was nou 2 gevalle van kuikens met bene wat styfskop na buitekante toe en wat nie kan loop nie.
-
Kan u my verwys na iemand wat aan my 'n raamwerk vir 'n besigheidsplan vir 'n hoenderboerdery kan verskaf. Die voorsitter van ons trust wil 'n hoenderboerdery met 10,000 hoenders implementeer en so ver het hy nog net die grond. Van my word verwag om die finansiële beplanning te doen. Ek sal graag wil weet wat al die komponente, wat benodig word om die infrastruktuur te skep, is, wie dit verskaf, waar kuikens en voer aangekoop word (verskaffers) en alle…
-
Ons boer met braaikuikens en as die hoenders slaggereed is, is die vleis en vel baie rooi en as hulle geslag word, word hulle afgekeur want die vleis is nog steeds rooi? Wat kan die oorsaak wees hiervan? Ongeveer 30 uit 1000 lyk so.
-
Ek het baie van jou artikels op hulp.landbou.com gelees. Ek beplan om met braaikuikens te begin boer, so 500 kuikens op `n slag. Ek het pryse uitgevind vir die drie verskillende rantsoene nl. aanvangs-, groei- en afrondingsmeel maar ek sukkel om aanduidings te kry van hoeveel kos om die kuikens gedurende die drie fases te voer. Jy kan my nie dalk laat weet hoeveel van elke rantsoen elke kuiken as `n duimreël benodig nie.
-
Die braaikuikens wat ek grootmaak, kry voorgeskrewe braaikuikenmeel. Hulle is semi-vrylopend. As hulle groter is, laat ek hulle uit op ‘n lusernland die hele dag lank. Hulle het dan ook toegang tot afrondingsmeel. Ek merk nou op dat hul beddegoed nat is van hulle mis.
-
Ek wil my eie braaikuiken besigheid begin. Ek wil graag by U hoor hoe voer mens die kuikens? Hoe lank stel u voor voer mens hulle aanvangs-, groei- en afrondingsrantsoene?