Ganse

← Terug na indeks
  • Ganse wil nie broei nie

    Ek het drie ganse, twee wyfies en een mannetjie. Ek het hulle al drie jaar en niks gebeur nie?
    • Mak ganse en wilde voëls

      Ek wil graag weet hoe beïnvloed ganse die wilde voëllewe. Ons het heelwat wilde makoue, kolganse, wilde eende en 'n paar bloukransvoëls. Ons beplan om 'n paar mak ganse ook aan te skaf, en wil net weet of die mak ganse nie die wilde voëls gaan bedreig of wegjaag nie.
      • Verhuising van gans

        Ek het twee ganse en die wyfie het sopas 6 eiers gelê. Ons moet volgende week verhuis. Kan ek die ganse en die eiers verskuif na ons nuwe huis en sal sy weer op die eiers gaan broei? Hoe gaan ek te werk met die nes of sal sy self ‘n nuwe nes maak?
        • Lamsiekte in gansies

          Ons het 8 volwasse ganse waarvan twee wyfies is. Die een wyfie het 4 kleintjies wat so te sê al uitgegroei is. Die ander wyfie het 6 kleintjies, maar hul het nog nie begin verveer nie en ek skat hul so ‘n maand oud. Die kleintjies begin nou so een na die ander omval en lyk of hulle dalk verlam kan wees. Dit klink ook of hulle asemhalingsprobleme kan hê. Wat kan die probleem wees?
          • Gansboerdery

            Hoe dikwels broei ganse asook Chinese ganse per jaar? Ek het 52 ganse en soek 'n afset vir hulle dons. Waar kry ons mense wat weet hoe om ganse te pluk?
            • Ganse met gebreklike bene.

              Ek kry gereeld klein gansies wat gebreklik is. Die area waarin hulle in loop is redelik groot. Is dit moonlik dat hulle hul dood loop agter die grotes aan? Hoe versorg ek die klein gansies en kry hulle bene weer sterk?
              • Ganse se broeimaniere

                Wanneer broei ganse? Op hoeveel eiers kan hulle broei en hoe lank neem dit om uit te broei?
                • Ganse broei op 16 eiers

                  Ek het 3 ganse wat sommerso op die werf rondloop. Hulle het 'n klein dammetjie wat hulle daagliks gebruik. Met die vorige broeislag het geen van die eiers uitgebroei nie. Ek glo nie hulle was bevrug nie. Nou is dit weer sulke tyd: op 16 eiers! Is dit normaal? Aanvanklik het twee ganse gelyktydig gesit, maar na 'n dag of wat het een opgestaan en die ander een alleen gelos.
                  • Grootmaak van gansies

                    Ek het op die oomblik 10 volwasse ganse in 'n hok, maar hulle kan bedags vrylik rondloop. Die broeineste is in die ganshok. Een van die wyfies het 8 eiers uitgebroei (8 gansies). Daar is egter een doodgetrap en een het verdrink. Is dit raadsaam om liewers die ma en klein gansies uit die ganshok te verwyder tot tyd en wyl die klein gansies groot genoeg is of is dit beter om die klein gansies van die ma weg te…
                    • Ganse se broeimaniere

                      Hoe lank broei ‘n ganswyfie? Kan ‘n mannetjie meer as een wyfie hê? Ons het tans een mannetjie en vyf wyfies. Daar was aanvanklik 2 mannetjies, maar die een het die ander dood baklei. Twee wyfies word toegelaat om te broei, die ander word van die nes af gejaag. Dankie, ons sien uit na jou antwoord. LeRoy en Esmé Ebersohn Dealesville