Eende

← Terug na indeks
  • Toediening van entstowwe in ganse

    Ek het in Desember vir my ganse gekoop en dit het goed gegaan die eerste dag toe ek net 1 gans verloor het. Vir lank het dit goed gegaan. Van Februarie af vrek my ganse op strepe. Ek ontwurm hulle gereeld, hulle loop op die werf in die dag en in die aand staan hulle op hok. Die hok word elke 2de dag skoon gemaak. As aanvulling gee ek vir hulle mieliegruis. Hulle is stout agter hondekos aan. As die…
    • Uitbroei van eendeiers (2)

      Kan u my moontlik sê op watter temperatuur word makoueiers uitgebroei?
      • Uitbroei van eendeiers

        My eend het gebroei op 14 eiers. Sy het verlede week weggevlieg en ek het die eiers op 'n lou kombersie gesit. Sal dit uitbroei? Ek het een oopgebreek om te kyk of dit bevrug is en ja daar was 'n eendjie in wat gelewe het. Breek hulle self die dop en wat kan ek hulle gee om te eet as hulle uitbroei?
        • Eend met kruipbeweging

          Ek het 'n Indian Runner eend wat lyk asof sy verlam is. Sy beweeg met 'n kruipbeweging. Sy is ongeveer 3 maande oud. Wat is die moontlike oorsake en kan ek iets daaraan doen?
          • Bemarking van eendvleis en -eiers

            Ek wil graag meer inligting bekom rakende muscovy-eendboerdery. Ek het fasiliteite beskikbaar op my plaas hiervoor, maar doen nou eers my huiswerk. Ek sou graag meer wil weet in die lyn van waar om jong eendjies te kry, hulle voedingsvereistes en waar om hulle vleis en eiers te bemark. Ek het die artikel gelees oor me. Ernst se boerdery en vind dit baie interessant en sou graag met so 'n persoon wou kontak maak. Kan iemand my dalk help in…