Pluimvee en voëls

← Terug na indeks
  • Lusern en mielies vir volstruise

    As jy lusern voer, is dit nodig om mielies by te sit? Wat het mielies as voedingswaarde wat lusern nie alreeds het nie? Ek voer volstruise.
    • Prolapse by henne

      Ek het Boschveldhoenders wat vrylopend is. Nou het ek al twee henne gehad wat 'n groot ronde sak groter as 'n tennisbal onder haar agterkant het - amper deurskynend - dit hang amper op die grond. Die vorige een is dood maar hierdie een loop nog rond en eet. Wat kan dit wees asb?
      • Grootmaak van ‘n volstruiskuiken

        As ek nou honderde volstruisies gehad het, sou ek dalk nie so naarstigtelik gesoek het vir antwoorde nie… maar ek het net enetjie kon red uit ‘n broeisel. Ek het ‘n weekoue struisie gered nadat ek gesien het hy dwaal ver van die mamma af. Sy ogies was omtrent toe, lyk of die onderlid aan die bolid vassit. Ek het rondgevra, maar niemand kan raadgee nie. Ons het sy ogies met verdunde blousel begin was, dan is die een ogie…
        • Makouwyfie is opgeswel

          My Makou het 6 weke gelede 7 kuikens gehad. Alles het goed verloop en die makoutjies is nou mooi groot. Dit lyk nou skielik of sy ‘n klomp eiers binne in haar het. Haar boudjies is groot en sleep op die grond. Wat kan ek doen want ek kan haar nie vang nie.
          • Belangrik om beheerde en aangeebare siektes te rapporteer

            Waarom is dit uiters belangrik om sekere siektes aan jou naaste staatsveearts of dieregesondheidstegnikus te rapporteer?
            • Voedingsbehoeftes van braaikuikens

              Hoeveel kos per dag per kuiken moet ek voer? Ek het mooi groot voerbakke en kuikens kan gemaklik eet sonder om te baklei vir kos. Hoeveel voer moet afgeweeg word per kuiken per dag?
              • Hoogs siekteverwekkende Voëlgriepstam (H5N8)

                • Braaikuikens word lam

                  Ons Braaikuikens is nou 8 weke oud hulle kry voorgeskrewe groeimeel en tans kry hulle gemaalde geel en wit mielie mengsels,kaliumpermanganaat in water. Ons probleem egter is dat ons nou by ons 3de braaihoender is wat nie kan loop nie hulle is al redelik groot.Hulle hok het baie beweeg ruimte. Ons is hier in Thabazimbi se wereld. Wat kan die oorsaak wees hiervoor?