Vergiftiging

← Terug na indeks
  • Plantvergiftiging in perde

    More Faffa Ek skryf na aanleiding van die artikel in LBW van 21 Julie oor die Phalaris gras. Ek ondervind tans 'n problem met diere wat ook die stootsiekte het, hulle druk deur die kampe se omheinings en loop dan doelloos voort. Ons het al verskeie vrektes gehad en dit sonder sukses prober behandel. Na breinontledings gedoen is, is vasgestel dat dit die"Matricaria Nigellifolia DC" of ook bekand as die "Cotula Nigellifolia DC" plant is wat die sterftes veroorsaak. Ek…
    • Hooivergiftiging

      Is daar ‘n moontlikheid dat probleme kan voorkom as ek voer aankoop vir my diere wat a.g.v. van die droogte nie kos het nie.
      • Wilde lusern of jaagsiektebossie vergiftiging

        Watter soort vergiftiging veroorsaak wilde lusern?
        • Kiesieblaar veroorsaak ‘n tiamientekort

          Is malvaplante giftig vir diere?
          • Wilde stokroosvergiftiging

            Is wilde stokroos giftig en hoe kan ek hulle uitroei?
            • Voermol Superlamkorrels vir perde

              Om my perde vet te hou sodat hulle nie gewig in die wintermaande verloor nie, loop hulle op kikoejoegras en koop ek lusernbale en mieliereste. Kan ek hulle ook Voermol Superlamkorrels voer?
              • Beeslek vir Perde

                Ek gee huidiglik vir my beeste Molatek- winterveld 46. Daar loop perde saam met die beeste en hulle eet baie van die lek. Sal die lek probleme vir perde kan veroorsaak?
                • Vergiftiging deur klimop (Cynanchum spp.)

                  ‘n Diagnose van klimopvergiftiging is gemaak nadat van my beeste gevrek het. Vertel my asb. meer van hierdie vergiftiging.
                  • Droë tulpblare is giftig

                    Ek wil graag weet of tulpblare wat deur die winter tussen gras gegroei het nog steeds giftig sal wees teen die tyd wat die gras gebaal word in die somer. Of anders gestel, is droë tulpblare giftig?
                    • Trachyandra spp. vergiftiging

                      Ek is al moedeloos en raad-op en weet nie meer wat om te doen nie. Dit gaan oor die rolbos wat skaap vreet en dan verlam raak en op hope vrek. Ek en my man is nou beginnerboere en het hierdie jaar oor die 200 skaap verloor en dit is nie ‘n grap nie. Wat kan ‘n mens vir die skaap ingee? Ek het al alles probeer, maar niks help nie. Sodra jy die bossie uithaal, versprei hy eers. Weet…