Algemeen

← Terug na indeks
  • Entstowwe en Immunisering van plaasdiere – Jan du Preez en Faffa Malan

    Ek soek na bogemelde boek vir 'n kliënt asseblief. Wie hou dit aan en waar kan ek dit koop? Baie dankie. Piet van Zyl
    • Laminitis of bevangenheid

      Wat is laminitis en wat veroorsaak dit?
      • Saalsere, skoffistel en kroonsweer in perde

        Ons perd is 6 weke terug gesteel en ons het haar die volgende dag terug gekry in die plakkerskamp. Ons weet nie wat het die boewe met haar gedoen, of op haar rug gesit het nie. Daarna het sy 'n abses op haar skof ontwikkel. Dit het baie ge-etter en dit het nog steeds nie opgeklaar nie. Intussen het nog sere ontwikkel. Ons het haar daagliks met soutwater en wassoda skoongemaak en die wond behandel met wondolie, koolstof en kopersulfaat.…
        • Watter gevaar hou slange vir diere in?

          Watter gevaar hou slange vir diere in? Twee veeartse beantwoord dié vraag.
          • Vratte (papillomas)

            Van my koeie (vleisbeeste) se spene is met vratjies besmet. Ek het hulle met antibiotika ingespuit - 3 keer per week vir twee weke lank, maar dit het niks gehelp nie. Kan u my asseblief van raad voorsien. - Lourens Viljoen (ViljoeLJ@telkom.co.za). Kom vratte ook in ander diere voor?