Water

← Terug na indeks
  • Gedreineerde water vir hergebruik as besproeiingswater

    Goeie dag, op die plaas waar ons boer is daar groot dele oubank op +-2m diepte waar daar heelwat water vasgevang word en versuiping in die sitrus veroorsaak,gevolglik dreineer ons die water met sugslote wat weer op sy beurt in die dreineeringslote afloop. Dus gaan die water verlore. Die water (soos ek verstaan) is nie bruikbaar vir besproeing omdat dit hoog in soute en gifstowwe is wat uit doe grond loog. My vraag is, sal ek die water op 'n…
    • Vrae oor besproeiing met brak water

      Watter kontantgewasse kan aangeplant word in klei grond en besproei word met brak water? Die grond is geleë in Namibië naby Mariental en langs die Visrivier. Daar is genoegsame water in die rivier, maar in die laaste helfte van die jaar vóór die reënseisoen word die water brak. Ek beoog om nie meer as 1 ha te beplant. Wil graag weet watter soort groente en ook vrugtebome sal floreer in klei grond en brak water?
      • Hoë vlak van chloor en natrium in grond, water

        Ek boer in die Laeveld op ’n 100 ha plaas, riet en wissel met groente. Die opset van die vorige eienaar was om die rivierwater-kwota in 'n spruit in te pomp wat ’n keerwal in het. Sodoende het jy meer water tot jou beskiking vir ingeval daar ’n droë tyd deur die jaar voorkom. Ek spook nou al 4 jaar om die balans in die grond te herstel maar kry min resultate. Nou, dié water in die spruit is hoog…
        • Peulgewasse vrek met eerste vloed-besproeiing

          Goeie more. Ek wil graag 'n vraag vrae maar is nie seker of dit die regte plek is nie. My pa boer naby Kakamas in die Noord-Kaap. Sodra daar enige peulgewasse geplant word gaan dit dood na die eerste besproeiing toegedien word. Die grond wissel van sanderige grond tot slik grond. Die gronde word omgeploeg voor beplanting en dan word die saadbed voorberei. Ons is nie seker of dit die grond of die besproeiingswater is nie aangesien ons van vloedbesproeiing…
          • Droëlandboere boer met reënval

            Geagte Dr. Hoffman Ek het van u berigte op Landbou.com gelees. Ek wil graag vir raad kom vra asb? Ek wil bietjie meer uitvind oor verskillende bewerkingsmetodes. Ons boer in die Standerton-distrik op die Hoëveld. Ek en my pa het die laaste tyd begin kyk en praat oor verskillende bewerkings en ons is bietjie deurmekaar oor van die bewerkings. Ons plant sojas en mielies. Die sojas "geenbewerking" ons in die mieliereste en dit werk baie goed. Ons plant dan die…
            • Navraag oor boorgate

              EK HET VYFJAAR GELEDE TWEE GATE NABY MEKAAR GEBOOR (50M). DIE EEN HET 2500L /UUR GELEWER EN DIE STERKER EEN WAS SOWAT 4600L/UUR, MAAR HET 'N SWAWEL REUK GEHAD. DIE GAT IS DAAROM VERSEEL EN NIE GEBRUIK NIE. DIE SWAKKER GAT SE WATER HET NOU BAIE VERSWAK EN TOE EK DIE ANDER EEN, NOODGEDWONE WOU GEBRUIK LEWER HY FEITLIK GEEN WATER NIE. AANVANKLIK NET 1500 LITER GEGEE EN NA 'N RUKIE SE STAAAN NET SOWT 3 MINUTE SE WATER. IS…
              • Bewerk grond met droogte in gedagte

                Met verwysing na u mening oor deklaag-bewerking, wil ek graag verneem oor meer detail oor die beste metode om grond vir gewasse te bewerk as jy weet dat daar 'n droogte in 'n bepaalde streek gaan wees. Ek verwys hier na die noord- en oos-Vrystaat. Is daar ook 'n verskil in bewerking tussen somer en wintergewasse? 'n Meer breedvoerige artikel vir die Boere in ons streek sal waardeer word. Dankie, Deon
                • Keer drastiese besluite met planttyd

                  Ek boer naby Welkom in die Vrystaat. Die grond bestaan hoofsaakllik uit Avalon. Ons normale planttyd is 10 November tot 15 Desember. Die afgelope seisoen was droog en erg warm. Van die boere in die omgewing het nou begin om baie vroeër as normaal te plant, met baie goeie resultate. Getrou aan dié boereaard is ek versigtig om drastiese besluite oor planttyd te neem. Wat ek graag wil weet, is daar nie rekenaarprogram beskikbaar waar die hitte-eenhede, reënval en groeityd…
                  • Bereken water en stikstof se doeltreffendheid by mielies

                    Ek wil graag weet of daar norme beskikbaar is om my mielie-opbrengste teen te meet m.b.t. hoeveelheid graan geproduseer per mm reenval en kg graan per kg N toegedien? My lande het gemiddeld 15-25% klei en ons is op die grens tussen Gauteng en Mpumalanga. Grondvorms sluit diep Hutton, Clovelley, vlakker Wesleigh en Glenrosa in. Chemiese ontledings word jaarliks op 1/3 van die lande gedoen waarna veranderlike regstellings gedoen word. Die meerderheid van die aanplantings is van kultivars in die…
                    • Brakwater-vriendelike bome, groente en vrugte

                      Waar kan ek uitvind watter bome en struike asook groente en vrugte bome is brak vriendelik. Ons water is brak is al raadop wil graag plante plant wat ek kan natspuit met brak water. Gee asb. raad.