Stikstof

← Terug na indeks
  • Bereken water en stikstof se doeltreffendheid by mielies

    Ek wil graag weet of daar norme beskikbaar is om my mielie-opbrengste teen te meet m.b.t. hoeveelheid graan geproduseer per mm reenval en kg graan per kg N toegedien? My lande het gemiddeld 15-25% klei en ons is op die grens tussen Gauteng en Mpumalanga. Grondvorms sluit diep Hutton, Clovelley, vlakker Wesleigh en Glenrosa in. Chemiese ontledings word jaarliks op 1/3 van die lande gedoen waarna veranderlike regstellings gedoen word. Die meerderheid van die aanplantings is van kultivars in die…
    • Wil grond verryk met afvalproduk

      Goeiedag, ek ry ’n nat mielie-afvalproduk weg by ’n distilleerder. Kan ek hierdie produk gebruik vir grondverryking? Ek het dit laat ontleed. Waar kan ek dit laat toets om te weet wat die beste aanwending vir dit sal wees? Ek is in die Wes-Kaap. Kan ek hierdie produkveilig in grond inwerk om die grond te verbeter? Soos as ek een jaar op die grond ’n gewas plant en dan die “af” jaar wat ek niks daarop plant nie, hierdie mielie-afvalproduk…
      • Ontvlugting van ammoniak in beesmis

        Hi Dok. Ons het so pas klaar mieliekuilvoer gesny en wil begin mis strooi. Ek strooi 30 ton/ha beesmis. Hoe belangrik is dit om die beesmis so vinnig as moontlik in die grond te bêre. Normaalweg sit ek 'n swaardiens beitelploeg in, strooi dan mis en dis dit in binne 'n dag of twee. Kan mens stikstof verloor deur dit nie vinnig in te werk nie en hoe diep onder die grond wil jy jou mis gebêre hê? Groete, Conrad