Wurms

← Terug na indeks
  • Brandwurms

    Kan ‘n mens se hande blase ontwikkel as jy met hulle afskeiding in aanraking gekom het en wat kan ek doen om dit te behandel?
    • Spuitprogram vir kwepers en perskes

      Ek is moeg daarvoor dat my perkes en kwepers jaar na jaar besmet is met wurms wanneer hulle ryp word. Is daar iemand wat vir my met 'n gedetailleerde spuitprogram kan help? Groete, Louis du Pisani
      • Kommandowurmplaag

        Ons bly in Namibia (Langstrand) en na die onlangse re?n het ons nou 'n plaag met kommandowurms en hulle vreet ons grasperk op. Watter plaagbestryder kan ons gebruik? Ons het 3 Jack Russells en ons wil hulle dit nie vergiftig nie. Gee raad asseblief. Dankie en vriendelike groete. Suzette.
        • Ruspes op takbokvarings

          Ek het 'n paar pragtige takbokvarings wat op die oomblik geteister word deur ruspes. Wat kan ek doen om dit te voorkom of om die ruspes weg te hou? Ek wil verkieslik nie gif gebruik nie.
          • Harige wurms vreet spinasie

            Ek het harige wurms wat my spinasie opvreet. Wat kan ek doen om die wurms te bestry?