Motte

← Terug na indeks
  • Spuitprogram vir kwepers en perskes

    Ek is moeg daarvoor dat my perkes en kwepers jaar na jaar besmet is met wurms wanneer hulle ryp word. Is daar iemand wat vir my met 'n gedetailleerde spuitprogram kan help? Groete, Louis du Pisani
    • Aartappelpeste

      Help asb. My aartappels is vol gate gevreet. Dit lyk soos duisendpote in die gate!
      • Pylstertmot

        Ek stuur foto’s van ‘n ruspe. Kan julle vir my meer inligting gee?
        • Onbekende wurms in die tuin

          Ek het hierdie wurms in my tuin afgeneem waar hulle besig was om 'n boom te verslind. Kan u my help met die identifikasie van die wurms en hoe hulle bestry kan word? Dit wil voorkom asof die wurms net een keer per jaar hulle verskyning maak en dan gewoonlik in Desember.
          • Swart kol op waatlemoen

            Ek het vir die eerste keer ’n klein stukkie waatlemoene geplant. Terwyl die vrug nog klein is, kry dit ’n swart kol wat net groter word en die vrug is tot niet. Is dit n gogga wat die vrug steek? Indien wel, wat kan ek gebruik?