Molle

← Terug na indeks
  • Hoe nou met molle in die tuin?

    Ek het ewe skielik baie molle in my tuin en het al baie spandeer op middels by die plaaslike boermark , maar niks werk nie, wat kan u voorstel om hulle te dood of te vang ? Dankie John
    • Molprobleem

      Ek sit met ‘n molprobleem. Ek het nou al alles probeer, maar tevergeefs. Ek bly in Brackenfell, Kaapstad en die molle maak groot moles in my tuin wat so mooi lyk. Hoe raak ‘n man van hulle ontslae? Ek is raadop. Die koöperasie het vir my gif gegee, maar dit het nie gehelp nie.
      • Probleem met molle

        Ons droog appelkose en molle gee ons groot skade op ons 2 ha droogbaan. Phostoxin,hth+brakefluid,water,motbolletjies werk glad nie. Enige aanbevelings?
        • Molle wat pyplyne opvreet

          Ek boer in Namibia en ek het 'n groot probleem met molle wat my pyplyne(LDPE)opvreet. Ek het totdusver 30 molle met 'n haelgeweer geskiet en dit op ongeveer 300 meter pyplyn. Het al volgende probeer, Quickphos, uitlaatgasse van motor, water in kanale gepomp, mole repellant. Die mol is swart met 'n wit kol op die kop. Dalk het iemand raad vir my.