Miere

← Terug na indeks
  • Rooimiere (Red Driver Ants)

    Kom "Red Driver Ants" in SA voor ? Hoe kom hulle hier en hoe kan 'n mens hulle bestry ?
    • Rooimiere in die huis

      Ons het geen rus nie as gevolg van rooimiere in ons huis. Niemand kan meer op 'n mat sit of 'n stukkie kos laat nie want dan lyk dit of die hele rooimiernes daar is. Kan ‘n mens iets soos ‘n piretro?ed (deltamephrin) gebruik? Ek is raadop en sien u praat van kanolaolie en knoffelekstrak. Hoe sal ‘n mens dit gebruik en waar kan ‘n mens piretriene koop?
      • Grond in klerekas

        Ek het ’n snaakse verskynsel in een van my ingeboude kaste. Elke dag is daar ’n hoop grond in die kas, maar ek kan nie sien waar dit vandaan kom nie. Maak skoon en die volgende oggend lê daar weer ‘n hele hoop. Daar is groterige stukke tussen-in wat lyk of dit roes aan het. Is dit ‘n swam?
        • Probleme met rysmiere en miershope

          Rysmiere en die miere wat hope maak is 'n groot probleem. Wat is die oplossing?
          • Rooimierplaag

            Ons boer in die Oos-Kaap en ek het 'n groot probleem met rooimiere. Hulle is besig om my huis en my TUIN oor te neem en hulle is net orals. Wat kan ek gebruik om hulle te beheer? Watter gif kan ek uitsit of wat is u raad? My kinders kan nie eers buite in die tuin speel nie, dan word hulle gebyt en aangeval. Dit is glad nie plesierig nie ... Ek hoop om van u te hoor. Ek…
            • Probleme met rooimiere in organiese groentetuin

              Ons boer naby Kuruman en kweek al die afgelope 5 jaar groente organies vir eie gebruik. Die tuintjie is onder skadunet. Ek het ewe skielik 'n groot probleem met rooimiere. Hulle is baie aggresief. Hulle loop op al die plante rond en daar is skielik ontsettend baie luise. Al die plante begin net vrek. Ek sit met my hande in die hare. HELP ASSEBLIEF! Marieta du Toit marietadutoit@hotmail.com