Krieke

← Terug na indeks
  • Krieke op grasperk

    Ek het artikels gelees wat u geskryf het oor die krieke op die grasperk. Ek het reeds waspoeier en warm water in die gate gegooi met groot sukses, maar dit is baie tydsaam en die oppervlakte is te groot. Wat kan u aanbeveel om te spuit, wat dalk ’n emulgeer-middel is wat die kriek in die nag eet en dan kan vrek. Ek het gelees dat meeste spuitstof die kriek moet aanraak, wat dit nogal bemoeilik aangesien hy in ‘n…
    • Kriekprobleem

      ’n Vriendin van ons bly in Durbanville in ’n dorpshuis en kla van swart krieke wat in die aand in haar huis in vlieg en die plek bemors. Sy reken hulle broei in ’n bos op haar erf, maar daar is ook hotnotsgotte daarin, so sy wil nie gif in of op die bos sit nie. Help asb.
      • Molkrieke in tuine

        Ek het ‘n navraag oor molkrieke. Ons het ‘n redelike probleem met hulle in die tuin en ons probeer om hulle met ‘n bleikmiddel te verjaag. Dit lyk aosf dit werk sonder om die grasperk te beskadig, maar dit het ‘n invloed op die ander lewe op die grasperk. Ons het al Bayer se advance stuff gebruik, maar nie welslae behaal nie.
        • Kriek plaag

          Ek het ’n probleem met vaal graskrieke op ’n Kikoejoegrasperk. Wat kan ek gebruik om hulle uit te roei en hoe kan mens hulle vang vir ”dragon” kos? Daar bestaan nie dalk ‘n boereraat ook nie?