Koedoes

← Terug na indeks
  • Koedoes pla

    Enige raad om koedoes uit my tuin te hou, sal waardeer word. Ek het ‘n 1.5 meter hoë draad om my huis en koedoes spring snags in en aktiveer my buite alarm terwyl hulle my tuin opvreet. My Boerboele het saam met hulle groot geword en steur hulle nie veel aan die Koedoes nie. Ek wil nie graag die draad lig en my plek soos 'n tronk laat lyk nie.