Kunsmis

← Terug na indeks
  • Inligting oor kunsmis

    Soek asb meer inligting oor; 1) primere voedingstowwe in plante 2) prosesse by die bbereiding van ammoniumsulfaat en nitrate 3) die reaktante wat bbenodig word 4) Die prosesse
    • Kunsmis vir spinasie

      Ek plant spinasie op klein skaal, so 5000 plantjies op 'n slag. My probleem is ek kry nie 232 kunsmis by ons tensy dit planttyd is vir groot boere, ek is aanbeveel 20:7:3(30)+0.5%zn + 7%s is dit genoegsaam vir spinasie en hoeveel en hoe gereeld kan ek dit op my spinasie gooi, en hoe gereeld moet hulle water kry. Ek het n redelike harde kleigrond.'Baie dankie vir die raad.
      • Kunsmis by naartjies

        Hoe bepaal ek die nodige kunsmis toediening by gevestigde naartjiebome na aanleiding van 'n grondmonster ontleding, bv. P =6.7 ppm. Is dit hoog, laag of gemiddeld vir enige gewas? Wat is die P behoefte vir sitrus? Is die korrekte hoeveelheid vir P-toediening dan die verskil tussen die P-behoefte vir sitrus en die P in die grond? Geld die bepaling van nodige toediening van kunsmis ook vir die ander makro-elemente?
        • Speel Albrecht-beginsel rol?

          Ek het onlangs grondontledings deur FarmSecure laat doen. Toe die uitslae terug kom het ek gesien dat ek 'n posfaattekort het (0-10% ). Ek sit ook met hoë Kalsium wat die mikro elemente in die grond vas hou. My vraag is: watse kunsmismengsel met ek toepas en teen hoeveel kg/ha met 'n verwagte oes van 9 ton droëland om die tekort reg te stel, 4:3:4, 3:2:1, ......? (tans gee ons 4:3:4 teen 250kg/ha) PS: die hoë Ca word reggestel met…
          • Skaapmis vir erdwurms

            Ek het "Red wriggler" erdwurms (Eisenia foetada),en will hulle skaapmis voer sodat hulle dit kan omskakel na kunsmis. Hulle weier egter om dit te verwerk. Is dit dalk oor die ammonia in die mis en is daar 'n oplossing vir die probleem?
            • Plant van spinasie

              Ek het n stukkie grond so 14 by 18 meter wat ek spinasie wil plant op klein skaal. Hoeveel plantjies kan ek plant en is voerkraal mis en 232 kunsmis genoegsaam vir spinasie, water is genoegsaam. Ek bly in die Oos-Vrystaat naby Reitz en die grond is 'n harde tipe grys kleigrond. By voorbaat dankie.
              • Wil hoendermis komposteer en verryk met kunsmis

                Goeie dag, ek wil graag hoendermis komposteer of droog met "effective microorganisms" en verryk met kunsmis. Ek het dit nodig vir sanderige grond met lae kuk-waarde. Kan jul asb. raad gee?
                • Kunsmis vir lusern in Noord-Kaap

                  Watse kunsmis is ideaal vir lusern in die Noord Kaap?
                  • Is ammoniumsulfaat geskik vir tef?

                    Indien ek ammoniumsulfaat oplos in water en ek spuit dit op tef, sal dit werk?
                    • Kunsmis op Eragrostis?

                      Hi Dr. Ek wil graag weet of dit nog die moeite werd is om nou kunsmis toe te dien om te baal in Februarie, en wat se kunsmis sal u aanbeveel. Dit is in die Heidelberg/Gauteng area. Wat se tipe gras sal u aanbeveel as ons aangeplante weiding wil vestig. Wat se effek sal kunsmis hê op suurgras, en sal dit enigsins die moeite werd wees om dit toe te dien, om die smaaklikheid en voedingswaarde te verbeter? Dankie.