Kompos

← Terug na indeks
  • Organiese koolstof

    die gronde waarop ons boer word onder geweldige druk geplaas, a.g.v die plaas grootte en die aanvraag om groente op n maandelikse basis te plant. Huidiglik draai die grond koolstof by 1%, ons ploeg en disk geweldig baie a.g.v hoe fyn sand fraksies wat toeslaan omstandighede veroorsaak op sand grond (Kroonstad). Daar is ook 'n baie lae erdwurm populasie in die grondprofiel, meestal word plantreste en onkruid in hierdie gronde terug geploeg. Watter raad kan Dr. gee om die koolstof…
    • Wil grond verryk met afvalproduk

      Goeiedag, ek ry ’n nat mielie-afvalproduk weg by ’n distilleerder. Kan ek hierdie produk gebruik vir grondverryking? Ek het dit laat ontleed. Waar kan ek dit laat toets om te weet wat die beste aanwending vir dit sal wees? Ek is in die Wes-Kaap. Kan ek hierdie produkveilig in grond inwerk om die grond te verbeter? Soos as ek een jaar op die grond ’n gewas plant en dan die “af” jaar wat ek niks daarop plant nie, hierdie mielie-afvalproduk…
      • Ontvlugting van ammoniak in beesmis

        Hi Dok. Ons het so pas klaar mieliekuilvoer gesny en wil begin mis strooi. Ek strooi 30 ton/ha beesmis. Hoe belangrik is dit om die beesmis so vinnig as moontlik in die grond te bêre. Normaalweg sit ek 'n swaardiens beitelploeg in, strooi dan mis en dis dit in binne 'n dag of twee. Kan mens stikstof verloor deur dit nie vinnig in te werk nie en hoe diep onder die grond wil jy jou mis gebêre hê? Groete, Conrad
        • Wil hoendermis komposteer en verryk met kunsmis

          Goeie dag, ek wil graag hoendermis komposteer of droog met "effective microorganisms" en verryk met kunsmis. Ek het dit nodig vir sanderige grond met lae kuk-waarde. Kan jul asb. raad gee?
          • Miswurms of erdwurms?

            Ek bly in Lephalale. Wou met 'n projek begin waar ek perdemis en die "rooi erdwurm" gebruik om kompos te maak. In die proses om my uitleg te doen (moes bestaande droee perdemis skuif) het ek vreeslik baie miswurms in die hope gekry. Om die "rooi erdwurm" uit die mis te verwyder, wanneer dit omgeskakel is na kompos, is nogal 'n tydsame proses. Ek het gewonder of die miswurm dieselfde doel sal dien (perdemis verteer en uitwerk as kompos), aangesien…
            • Benut bloekoms se hout en blare

              Hi, ons boer teen 'n voet van 'n berg. Die bloekoms oor die berg gebruik nie net omtrent al ons reënwater nie, maar beperk die groei van die fynbos. Ons saag die bome af en slaan sommer stompies in die winter, maar wat ek wil weet is, daar is 'n massiewe klomp blare en takke wat ek in skerwe wil versnipper (chip) vir kompos of net as deklaag op die bankie gebruik. Sal dit die ph van die grond beinvloed?…
              • Kompos van riete

                Wat maak ‘n mens met lastige riete langs riviere?
                • Veenkompos

                  Goeie dag, kan u dalk vir my sê waar ek Veenkompos in die hande kan kry? Ek is woonagtig in Centurion, Pretoria.
                  • Kompos

                    Wat moet als in kompos wees vir gehalte kompos?Ek wil weet of 'as', soos in uitgebrande hout, goed of nadelig is om op ‘n komposhoop te gooi? Ek het ‘n houtstoof waarin ek my honde se oorblywende bene ingooi en mettertyd verbrand. Nou weet ek nie of ek enige waarde toevoeg as ek die 'as' weer op my komposhoop gooi nie. Kan ek dus beenmeel so probeer toevoeg tot die komposproses?