Indringerplante

← Terug na indeks
  • Grondsuurheid en slangbos

    Ek het 'n stuk grond (20ha) aangeskaf waarop smutsvingergras gevestig is. Dit is gelee in Noordwes in die gebied tussen Carletonville en Ventersdorp. Dit is rooi leemgrond. Die gras het egter nie resultate gelewer nie ondanks proewe met verskeie kunsmis formulasies soos KAN, 4:3:4 en 5:1:5. Die grond is toe deur LNR Potchefstroom ontleed en die bevinding was erge suurheid, nl. pH 4,01 en suurverdraagsaamheid van 52,48%. Kalktoediening van 4.9 ton per ha is aanbeveel. Intussen het die onkruid slangbos…
    • Inligting oor indringerplante

      Waar kan ek meer inligting oor indringerplante en hulle beheer bekom?
      • Wilde-als bestryding

        Ek het 'n probleem met Wilde-als(Artemisia Afra) op die plaas. Dit groei sulke plate. Daar is baie inligting oor die gebruik van die plant op die internet maar geen oor die bekamping van die plant nie. Watter gifstof kan gebruik word ?
        • Kompos van riete

          Wat maak ‘n mens met lastige riete langs riviere?
          • Bestryding van riete

            Ek het 'n kanaal wat toegegroei is onder riete. Hierdie kanaal loop egter in 'n dam in waar daar vislewe, paddas ensomeer is. Ek moet die kanaal skoon kry sodat die watervloei kan verbeter na die dam toe. Watter onkruiddoder kan ek gebruik om die riete te bestry sonder om die omgewing skade aan te rig. Jaco
            • Slangbos vrek van roes

              By my op die plaas is slangbos besig om te vrek. Wat kan die oorsaak wees?
              • Akrolien vir waterplantbeheer in besproeiingskanale

                Hoe goed is Akrolien (Magnacide herbicide) vir waterplantbeheer in besproeiingskanale en wie versprei dit in SA?
                • Beheer van “Morning glory”

                  Hoe beheer ek “Morning glory” in my lande? (haddad1@telkomsa.net)
                  • Uitroei van kameeldoringboompies

                    Ek het ou lande waarop gras gevestig is, maar die soetdoring- en kameeldoringboompies is besig om die gras te verdring. Vryburg-omgewing. Wat is die beste manier om dié boompies dood te maak wat ook bekostigbaar is. Uitkap help nie want hulle groei net beter en vervorm in struike. Ek het al "Bushwakker" - volgens voorskrif - probeer maar sonder sukses. Baie dankie
                    • Uitroei van riete

                      Wat ken ek gebruik om riete (Arundo Donax) mee uit te roei? Esthie de Wet