Grondtipes

← Terug na indeks
  • Lusern, brak water en sanderige grond

    Begin nou met plus minus 2 hektaar lusern in die Klein Karoo tussen Ladismith en Montagu in die Anysberge omgewing, langs die Touwsrivier . Baie nuttige artikel….probleem: Besproeiingswater baie brak… grond (sanderig) reeds ook brak…..reeds nou twee keer misluk….boonste grondlagie word hard en ek vermoed die nuwe lusern sukkel om deur te breek….besproei elke oggend ongeveer 2 ure. Soutbos egter floreer en ons moet gereeld uithaal. Het pas die plaas toegespan met wildsheining en wil lusern plant vir aanvulling. Raad…
    • Wil kalk inploeg in suur grond

      Ek het nie groot grond nie, ongeveer 2 ha wat ek uiteindelik onder kikoejoegras wil hê. Ek merk dat daar redelik baie uintjies is wat altyd volgens my pa, ‘n goeie indikator is dat jou grond suur is. Wat ek graag wil weet, hoeveel ton landboukalk kan of moet ek op 2 ha inploeg en ook waar die naaste verskaffer in Rustenburg Noordwes is.
      • Kalk en gips om turf te breek?

        Ons bly in Dealesville en het so 1 ha se erwe aanmekaar, met genoeg water uit boorgate. Ek is nie ’n boer nie maar wil graag die grond benut. Ek wil graag die grond voorberei en iets plant wat vir my ’n inkomste kan gee, soos waartlemoene, of enigiets anders wat sal werk. Volgens die uitslag van monsters wat op die grond gedoen is, dit is swart turf. Die aanbeveling sê 4,5 ton kalk en 2,2 ton gips. Soos ek…
        • Kan klei die struktuur van sanderige grond verbeter?

          In Australië word klei soms gebruik om sanderige grond se struktuur te verbeter. Hoe werk dit?
          • Kalk vir suurgronde?

            Watter verskillende maniere kan gebruik word om die hoeveelheid en aantal kalktoedienings vir suurgronde te bepaal?
            • Bewerking van vleie en kleigrond

              Ons het ’n kleinhoewe van ongeveer 52 hektaar. Die grond is kleigrond en daar is baie vleie op die plek. Ek wil weet hoe kan ek die kleigrond meer vrugbaar vir groente en vrugte maak en ook of daar ’n grassoort beskikbaar is wat op vleigrond sal aard vir bees- en skaapvoer.
              • Dien kalk korrek toe

                ’n Doelgerigte program van kalktoediening is nodig om grondversuring teen te werk, die grond te stabiliseer en opbrengste op ’n ekonomies gesonde grondslag te plaas.