Grondontledings

← Terug na indeks
  • Ontvlugting van ammoniak in beesmis

    Hi Dok. Ons het so pas klaar mieliekuilvoer gesny en wil begin mis strooi. Ek strooi 30 ton/ha beesmis. Hoe belangrik is dit om die beesmis so vinnig as moontlik in die grond te bêre. Normaalweg sit ek 'n swaardiens beitelploeg in, strooi dan mis en dis dit in binne 'n dag of twee. Kan mens stikstof verloor deur dit nie vinnig in te werk nie en hoe diep onder die grond wil jy jou mis gebêre hê? Groete, Conrad
    • Hoe bepaal mens grond se opbrengspotensiaal?

      Na aanleiding van 'n berig in LBW 1 Feb 2013 wil ek graag weet hoe bepaal ek die opbrengspotensiaal van my grond? Kan ek dit doen of moet die grondontleding na iemand verwys word? Is daar 'n vinnige boeremetode (rule of thumb) wat gebruik kan word vir die bepaling daarvan?
      • Wil weiding besproei vir vee

        Ons is in Witrivier in die Laeveld en het 22 ha wat ons wil aanplant met weiding om vee op te sit. Die grond sal onder besproeing wees. Wil graag beeste of skape opsit. Hoeveel beeste/skape sal ons kan dra hier en ook wat sal die beste groenvoer wees om aan te plant, het lusern in gedagte. Enige raad sal baie waardeer word. Baie dankie
        • Lusernland lewer al hoe minder bale

          Ek het 'n lusernland van ongeveer 1 ha wat sowat 4 jaar oud is en aanvanklik goed gedra het, ongeveer 85 tot 112 bale per snysel. Die bale se getalle het begin afneem tot ongeveer 20 bale per snysel die afgelope seisoen en ook die eerste snysel van hierdie seisoen het net 20 bale gelewer. Ek gooi pottas maar wat sal 'n goeie kunsmis wees om te gee? Moet ek die kolle wat so swak dra se grond maar laat…
          • Watter soort bemesting?

            Watter soort bemesting is beter vir jou grond en watter moet jy probeer vermy of minder van gebruik? Dit is nou om jou pH en grong mikrobes op te pas.
            • Waardes van makro-elemente?

              Wat is die optimum waardes/riglyne van makro elemente wat voorgeskryf word?
              • Vermy kleitrap met grondmonsters

                Wat is die korrekte manier om grondmonsters te neem?
                • Grond- en watertoetse

                  Ek is opsoek na 'n maatskappy wat vir my grond- en watergehalte toetse kan doen in die Wes-Kaap. Ek beoog om met groente op die grond te boer.
                  • Bemesting: Ontleed om te weet

                    Met vandag se hoë produksiekoste in die landbou kan geen foute gemaak word nie. Die dae is verby dat van ’n landboukundige verwag word om ’n volledige bemestingsprogram op te stel sonder die nodige inligting.
                    • Bewerking van kleigrond en vleie

                      Ons het ’n kleinhoewe van ongeveer 52 hektaar. Die grond is kleigrond en daar is baie vleie op die plek. Ek wil weet hoe kan ek die kleigrond meer vrugbaar vir groente en vrugte maak en ook of daar ’n grassoort beskikbaar is wat op vleigrond sal aard vir bees- en skaapvoer.