Grond

← Terug na indeks
  • Wat kan ek plant?

    Ek het 'n stoor van ongeveer 30x7 meter wat gebou was vir Konyne , het 'n hoe dak met skadunet bo aan die kante vir ventilasie en lig , sementvloer , sal ek iets kan groei binne in hom of enige ander plan vir lewensvatbare ekstra inkomste Help asb Hermann
    • Inligting oor grondkunde

      Waar kan ek inligting oor grondkunde kry?
      • Winsgewendheid van graan onder besproeiing

        Ek is tans besig om 'n berekening te doen of dit vir my winsgewind sal wees om mielies en of koring onder besproeing uit boorgate te doen. Hier is die inligting wat ek het: -Boorgate lewer 185m^3/h teen 50m kophoogte. Ek beplan om sonpanele te installeer (het kontant daarvoor) om vir 8 ure 'n dag die pompe te kan trek en dan 'n verdere 8 ure op Eskom krag te pomp. (Toetse wys die gate kan dit hanteer). Dus +-50kW…
        • Neem van grondmonsters

          Wil weet waar in pretoria kan ek grondmonster laat neem wil lisern plant dit is op Pyramid dit is turfgrond en sandgrond. Dankie .Martin Raaths
          • Wil kalk inploeg in suur grond

            Ek het nie groot grond nie, ongeveer 2 ha wat ek uiteindelik onder kikoejoegras wil hê. Ek merk dat daar redelik baie uintjies is wat altyd volgens my pa, ‘n goeie indikator is dat jou grond suur is. Wat ek graag wil weet, hoeveel ton landboukalk kan of moet ek op 2 ha inploeg en ook waar die naaste verskaffer in Rustenburg Noordwes is.
            • Plek vir goed gekwalifiseerde grondkundiges in SA?

              Wat is die toekoms van goed gekwalifiseerde grondkundiges in Suid-Afrika?
              • Hoë vlak van chloor en natrium in grond, water

                Ek boer in die Laeveld op ’n 100 ha plaas, riet en wissel met groente. Die opset van die vorige eienaar was om die rivierwater-kwota in 'n spruit in te pomp wat ’n keerwal in het. Sodoende het jy meer water tot jou beskiking vir ingeval daar ’n droë tyd deur die jaar voorkom. Ek spook nou al 4 jaar om die balans in die grond te herstel maar kry min resultate. Nou, dié water in die spruit is hoog…
                • Peulgewasse vrek met eerste vloed-besproeiing

                  Goeie more. Ek wil graag 'n vraag vrae maar is nie seker of dit die regte plek is nie. My pa boer naby Kakamas in die Noord-Kaap. Sodra daar enige peulgewasse geplant word gaan dit dood na die eerste besproeiing toegedien word. Die grond wissel van sanderige grond tot slik grond. Die gronde word omgeploeg voor beplanting en dan word die saadbed voorberei. Ons is nie seker of dit die grond of die besproeiingswater is nie aangesien ons van vloedbesproeiing…
                  • Hoe om grond voor te berei vir vloedbesproeiing

                    Ek boer langs die Oranjerivier en wil lucern onder vloed besproei. Ek het baie lopende water tot my beskiking. Teen watter grade moet die grond se helling wees, of moet dit 100% gelyk waterpas wees, en hoe lank kan my akkers maksimum wees as ek hulle 8 meter breed maak? Vorige eienaars het vloedbesproei maar die grond het baie verspoel en is besig met herstel. Waar kan ek oplees oor vloedbesproeing en die voorbereiding daarvan?
                    • Speel Albrecht-beginsel rol?

                      Ek het onlangs grondontledings deur FarmSecure laat doen. Toe die uitslae terug kom het ek gesien dat ek 'n posfaattekort het (0-10% ). Ek sit ook met hoë Kalsium wat die mikro elemente in die grond vas hou. My vraag is: watse kunsmismengsel met ek toepas en teen hoeveel kg/ha met 'n verwagte oes van 9 ton droëland om die tekort reg te stel, 4:3:4, 3:2:1, ......? (tans gee ons 4:3:4 teen 250kg/ha) PS: die hoë Ca word reggestel met…