Algemeen

← Terug na indeks
  • Giftigheid van groente langs selonsrose

    Ons het 3 selonsroosstruike in ons erf. Ek het nie veel spasie nie en wil graag my groentetuin uitbrei. Kan ek groente langs die struike plant en kan die groente wat gekweek word giftig wees?
    • Lys van groentes

      Ek soek inligting oor watter plante geklassifiseer word as groente
      • Geskikte area vir blomme, vrugte, groente en bessies

        Goeiedag, Ek wil vir my 'n plasie koop van sowat tien tot vyftien hektaar om met bogenoemde gewasse te boer. Kan u vir my aub raad gee oor watter omgewings in SA is geskik vir hierdie gewasse. Ek dink aan die Wes- Kaap. Die vrugte sal waarskynlik perkes, appelkoose, vye en amandels en pekanneute wees.
        • Groenboerdery deur die natuur gelei

          Ek soek inligting oor suksesverhale waar organiese boerderypraktyke toegepas word.
          • Hedendaagse groente en vrugte

            Ek wil graag weet watter variasies van groente en vrugte deesdae aan die verbruiker opgedis word? 10 jaar gelede was Butternut pampoene goudgeel aan die binnekant en het soos ’n butternut gesmaak. Nou koop ek butternut by winkels maar dit het geen smaak nie, dit proe soos boerpampoen van ouds - waterig en flou, ek moet suiker en botter bygooi om dit na iets te laat smaak, om nie eens te praat van tamaties nie! Dan wil ek ook weet…
            • Insekte en groente

              Ek probeer hart om vir my, my eie groente tuin te kweek maar sukkel baie. Ek wil net graag weet waar kan ek inligting kry oor watter gifstoffe ek moet spuit op watter soort groente. ek het verskillende insekte wat my groente vreet en weet nie watter spuitstof om te gebruik vir watter soorte inskete nie. Kan U my asseblief raad geee.
              • Duisendpote in groentetuin

                Ek het opgemerk dat daar geweldig baie duisendpote in die grond in ons groentetuin in Centurion is. Die grond is baie sanderig. Ons kon ook nog nie vasstel of hulle aan enigiets vreet nie. Hulle kom ook nie net op een plek voor nie. Het u dalk 'n verduideliking daarvoor? Alta