Granaatbome

← Terug na indeks
  • Granaatverbouing in die Vrystaat

    Graag verneem ek of u my kan inlig watter granaatkultivars onder genoemde groepe aangepas sal wees in die Bloemfonteinarea nl: vir versapping, vars mark en verdere verwerking. Dit is kommersi?le aanplanting op 8 ha Huttongrond met ’n jaarlikse reënval van 550 mm. Graag verneem ek ook waar plantjies bekombaar is en of dit oopgewortel of in plantsakkies is? Watter plantwydtes en -tyd sal u aanbeveel en enige verdere verbouiingsinligting sal waardeer word. Etienne van der Walt
    • Olyfvlieg of olyftingid

      Ek het op Landbou.com op 'n paar artikels afgekom wat u geskryf het oor olyfverbouing. In een van hulle meld u 'n artikel van 16 Maart 2010. Ongelukkig kry ek dit nie opgespoor nie. Is dit dalk moontlik om my van gemelde artikel te voorsien? Ons het ook 'n GROOT probleem met die "olyftingid". Dit is al so erg dat dit lyk of van die bome dood is. Sal dit help om die bome af te sny? Sal hulle weer…