Algemeen

← Terug na indeks
  • Wil populierbome uitroei

    Ons sit met n poppelier bos teen die spruit. Hoe kan mens dit uit roei? Lydenburg Mpumalanga.
    • Kombinering van weiding en boordbome

      Ek boer in die Breëriviervallei in die Wes-Kaap. My plaas het baie water en 'n egte Mediterreense klimaat. Ek soek raad met betrekking tot die kombinering van weiding (Russiese gras spesifiek) en boordbome (advokado's, neute ens.). M.a.w. weiding onder groot boordbome. Ek is nie ten gunste van intensiewe vrugtebome soos appel, pere of perskes nie en soek eerder boorde wat nie bespuit, besnoei of gemanipuleer hoef te word nie. Werk avokado's in die Wes-Kaap? Baie dankie by voorbaat.
      • Bome beskadig damwal

        Daar groei 8 enorme dik bloekombome in die voorkant van my damwal. Gaan ek skade aanrig om hulle af te kap? Is hulle nie juis nou besig om my damwal te breek nie? Dit lyk asof hulle al jare daar staan.
        • Bedreigde plante

          Ek wil net graag weet of dit wettig of onwettig is om kameeldoringbome uit te haal, wortel en al? Wat van soetdorings?
          • Brakwater-vriendelike bome, groente en vrugte

            Waar kan ek uitvind watter bome en struike asook groente en vrugte bome is brak vriendelik. Ons water is brak is al raadop wil graag plante plant wat ek kan natspuit met brak water. Gee asb. raad.