Bome

← Terug na indeks
  • Nuwe soort sitrus

    Hier het n soort sitrus boom in my erf opgekom. Die boom dra nou vir die 3de jaar. Dit het die vleis struktuur van n pomelo , maar proe meer soos n nartjie , met n tikkie "pomelo" in, maar baie lekker . Dit het n dikkerige skil en het n lang rak leeftyd. Ek eet al my nawels , maar die lemoen is nog groen. Vra net Eben Schlechter tel 0834614104 Epos sealdeal@telkomsa.net
    • Wil populierbome uitroei

      Ons sit met n poppelier bos teen die spruit. Hoe kan mens dit uit roei? Lydenburg Mpumalanga.
      • Kombinering van weiding en boordbome

        Ek boer in die Breëriviervallei in die Wes-Kaap. My plaas het baie water en 'n egte Mediterreense klimaat. Ek soek raad met betrekking tot die kombinering van weiding (Russiese gras spesifiek) en boordbome (advokado's, neute ens.). M.a.w. weiding onder groot boordbome. Ek is nie ten gunste van intensiewe vrugtebome soos appel, pere of perskes nie en soek eerder boorde wat nie bespuit, besnoei of gemanipuleer hoef te word nie. Werk avokado's in die Wes-Kaap? Baie dankie by voorbaat.
        • Kameeldoring dra nie peule nie

          Vir die eerste maal in seker meer as 40 jaar is daar minder as 1% peule aan die kameeldoringbome in my omgewing - Witsand – Noord-Kaap - Klein Kalahari. Groot bome het nie meer as 5 peule op nie. Ek het mense van buurplase gevra of dit al voorheen gebeur het. Die wat al 40 jaar hier boer, beweer dat dit die eerste keer is wat dit gebeur. Bye bedrywighede was normaal gewees en ons het ook byekorwe in die…
          • Parasiete op witstinkhout

            Daar is parasiete op ons witstinkhoutboom en ek is bang hulle gaan die boom doodmaak. Lesley Faber
            • Plant van amandels

              Dagse Dr Hoffman, ons woon in Leslie en wil graag met amandels begin boer. Ons het klei-grond en ons reenval is so +- 600mm per jaar. Ons winters het ryp en dis redelik koud. Dink u dis moontlik om met amandels hier te boer en kan u asb kontakbesonderhede van boere wat wel met die amandels boer stuur? Dankie Mickey
              • Bome beskadig damwal

                Daar groei 8 enorme dik bloekombome in die voorkant van my damwal. Gaan ek skade aanrig om hulle af te kap? Is hulle nie juis nou besig om my damwal te breek nie? Dit lyk asof hulle al jare daar staan.
                • Bedreigde plante

                  Ek wil net graag weet of dit wettig of onwettig is om kameeldoringbome uit te haal, wortel en al? Wat van soetdorings?
                  • Brakwater-vriendelike bome, groente en vrugte

                    Waar kan ek uitvind watter bome en struike asook groente en vrugte bome is brak vriendelik. Ons water is brak is al raadop wil graag plante plant wat ek kan natspuit met brak water. Gee asb. raad.