Boerderypraktyke

← Terug na indeks
  • Kewers vernietig aarbeie

    Ek probeer organies groente kweek en gebruik dus glad nie gifstowwe nie. Snags vernietig kewers (so vermoed ek) my aarbei plante totaal. Ek het al klein bruin kewertjies binne in die vrugte gekry, maar die blare word ook totaal opgevreet. Dit is nie slakke nie. Hoe kan ek die plante beskerm aangesien ek nie enige gifstowwe wil gebruik nie? Die oppervlakte van die aarbei tuintjie is ongeveer drie vierkante meter. Baie dankie vir u tyd. Alet
    • Droëlandboere boer met reënval

      Geagte Dr. Hoffman Ek het van u berigte op Landbou.com gelees. Ek wil graag vir raad kom vra asb? Ek wil bietjie meer uitvind oor verskillende bewerkingsmetodes. Ons boer in die Standerton-distrik op die Hoëveld. Ek en my pa het die laaste tyd begin kyk en praat oor verskillende bewerkings en ons is bietjie deurmekaar oor van die bewerkings. Ons plant sojas en mielies. Die sojas "geenbewerking" ons in die mieliereste en dit werk baie goed. Ons plant dan die…
      • Geskikte area vir blomme, vrugte, groente en bessies

        Goeiedag, Ek wil vir my 'n plasie koop van sowat tien tot vyftien hektaar om met bogenoemde gewasse te boer. Kan u vir my aub raad gee oor watter omgewings in SA is geskik vir hierdie gewasse. Ek dink aan die Wes- Kaap. Die vrugte sal waarskynlik perkes, appelkoose, vye en amandels en pekanneute wees.
        • Hoe bepaal mens grond se opbrengspotensiaal?

          Na aanleiding van 'n berig in LBW 1 Feb 2013 wil ek graag weet hoe bepaal ek die opbrengspotensiaal van my grond? Kan ek dit doen of moet die grondontleding na iemand verwys word? Is daar 'n vinnige boeremetode (rule of thumb) wat gebruik kan word vir die bepaling daarvan?