Blomme

← Terug na indeks
  • Geskikte area vir blomme, vrugte, groente en bessies

    Goeiedag, Ek wil vir my 'n plasie koop van sowat tien tot vyftien hektaar om met bogenoemde gewasse te boer. Kan u vir my aub raad gee oor watter omgewings in SA is geskik vir hierdie gewasse. Ek dink aan die Wes- Kaap. Die vrugte sal waarskynlik perkes, appelkoose, vye en amandels en pekanneute wees.
    • Groente en blomme saad?

      Ek het nou 'n kwekery gekoop. My eerste groot struikel blok is die belaglike groothandel pryse wat ek moet betaal vir saailing R15-00 per bakkie van 8 dan moet ek nog R600 ekstra betaal vir aflewering. En lewer hulle af een maal per maand.Ek woon in die Noordwes Provinsie, Schweizer Reneke. Dan kom hier 'n ou aan met 2 trailers vol plante ens en mense wat dit oralste op straat uitstal en verkoop van winkel tot winkel weekliks teen groothandel…
      • Bolplante

        Ons woon op 'n plaas in die Jamestown-distrik (Oos-Kaap) en ek wil vreeslik graag tulpe asook ander bolplante, plant. Ek sukkel egter om tulpbolle in die hande te kry - kan doktor dalk vir my van hulp wees met kontakbesonderhede? Melinda van Pletzen
        • Tulpe

          Sal tulpe aard in 'n omgewing waar ons warm somers en baie koue winters het? As tulpe nie sal werk nie, watter snyblom sal wel aard of is dit maar iets wat in 'n tonnel moet groei?