Winter-byvoeding

← Terug na indeks
  • Toediening van winterlekke

    Wanneer moet begin word om vir diere winterlekke te gee?
    • Beeslek vir die winter

      Ek het onlangs verneem van 'n sogenaamde "Vryburgbeeslek" wat boere in die genoemde distrik saamgestel het. Die lek is veronderstel om die bees te stimuleer om meer te vreet wat dan veral in die winter (droëweiding) selektiewe beweiding negeer. Kan u my help met 'n soortgelyke lek wat ek self kan meng om aan tollies, tans gemiddeld 248kg te voer as byvoeding/lek. Teen watter inname moet die lek gevoer word?
      • Die oorwintering van koeie en kalwers op sorghumreste

        Ek oorwinter tans koeie+kalwers en uitgroeiverse op sorghum oesreste. hul kry ook dan P450 lek en ad lib soetveldgrasbale. is dit voldoende om aan die spesifieke diere se voedingsbehoeftes te voldoen en om kondisie te hou? verder wil ek ook dan weet of dit nodig sal wees om 'n byvoeding te gee om kondisie van maer koeie op te tel terwyl hul die reste wei?
        • Voerpilresep vir droogte en wintermaande

          Ek het 'n pilmasjien aangeskaf om voerpille vir my vee te maak om tydens droogte en wintermaande te voer. Het u vir my dalk 'n resep vir skaap- en beesvoeding? Hoeveel en watter minerale moet ek byvoeg?
          • Melasse/ureum-mengsel op droë winterweiding

            Watter konsentrasie melasse/ureum-mengsel in water kan op droë winterweiding uitgespuit word vir beeste en skape sodat hulle die gras sal vreet?
            • Byvoeding vir ligter kalwers wat op wintersveld loop

              Ons wil al ons kalwers nou gelyk speen. Die bo 200 kg gaan ons voer. Watter byvoeding kan ons die ligter kalwers gee terwyl hulle op die veld loop, maar tog groei om dan later te voer? Dit moet baie ekonomies wees. Dankie vir u tyd.
              • Voeding van maer beeste in winter

                Hoe kan ek 'n maer koei wat gaan lê het weer op die been kry? Ek het nou al twee verloor en sukkel om hulle deur hierdie winter te kry. Ek het 'n Bonsmara- en Sussexkudde en hulle loop op gemengde suurveld. Raad wat ek al gevolg het, toon geen beterskap nie. Ek eksperimenteer nog met verskillende lekke. Enige raad asb.
                • Winter-byvoeding vir veldbeeste

                  Ek het baie geelmieliemeel/chop/straight run tot my beskikking. Voordat ek dit verkoop, wil ek dit eerder aanwend as byvoeding vir my beeste, aangesien ek die mieliemeel teen relatief goedkoop kan verskaf. Ek boer in die Noord-Oos Vrystaat (Cornelia omgewing) met Drakensberger/Bonsmara kruising beeste. Die beeste bly in die oop veld.  Ek besef dat die mielieprodukte alleenlik nie genoegsaam is as voer nie. Ek sal graag melassemeel en een of ander konsentraat daarmee wou vermeng. Die vraag is watter konsentraat sal ek kan gebruik en wattter…