Verse

← Terug na indeks
  • Droogtesituasie 2011

    Met die huidige droogte wat voortduur – wat staan my as veeboer te doen om voldoende kos vir die winter te hê ? Hierdie situasie geld veral vir die somerreënsaaigebiede.
    • Voeding van verse wat vroeg bul vat

      Ons het twee versies wat op tien maande en vroeër bul moes gevat het voor hulle gespeen is. Die een versie het nou gekalf op 17 maande en die ander versie moet nog kalf. Watter aanvullende voeding kan ek vir die twee versies gee? Hulle moet self kalwers grootmaak. Ons bly in die Kalahari en die gras is nog droog. Die twee loop nou saam. Kan ons vir al twee dieselfde kos gee of sal die verse wat nog dragtig…
      • Rantsoen vir uitgroei van Jersey suiwelverse

        Dankie vir al die inligting wat julle beskikbaar maak om boerdery op die wenpad te hou. Kan u vir my 'n rantsoen formuleer vir die uitgroei van Jersey suiwelverse 3 maande tot voor opstoom? Die verse moet gesond uitgegroei wees sonder om te vet te raak. Hoofsaaklik 'n kragvoer, ruvoer sal ad lib. voorsien word.
        • Voeding vir vers wat pas gekalf het

          Ek het 'n vers (Simbra) wat pas gekalf het en het ook 'n ander vers tydens kalwing verloor. Die dooie vers se kalf is redelik sterk en drink ook aan die gesonde vers. Is daar iets wat ek vir haar as byvoeding kan gee om haar melkproduksie te verbeter?
          • Voeding vir dragtige verse

            Die belangrikste is dat die koeie en verse in die regte kondisie moet wees wanneer hulle kalf.
            • Voeding van vervangingsverse

              Die voeding en bestuur van suiwelverse is een aspek van die kommersiële suiwelboerdery wat soms erg verwaarloos word.