Speenkalwers

← Terug na indeks
  • Afronding van speenkalwers op natuurlike veld

    1) Ek soek asb meer inligting oor afronding van speenkalwers op natuurlike veld. 2) Wat kan groei wees per dag, in somer en winter. 3) Kan groei verbeter word met skoon hoendermis of moet meel by gevoeg word. 4) Hoe veel kalwers kan in 1koei se plek gehou word. 5) Die idee is om kalwers later te laat slag.
    • Oorwintering van speenkalwers op oesreste

      Ek boer tans op die Ho?veld en as gevolg van die lae speenkalfprys wat tans ondervind word, wil ek graag by u hoor of 'n mens kalwers op oesreste kan oorwinter? Wat moet ek addisioneel byvoeg om hulle liggaamskondisie konstant te hou en as dit kan, gewig te laat optel?
      • Heel mielieplant plus lusern as deel van voerkraalrantsoen vir beeste en kalwers

        Ek het lusern en mielies. Kan ek die hele plant deur die hamermeule gooi, met kop en al, en dit dan as 'n voer met SB100 gebruik?
        • Gars as deel van voerkraalrantsoen vir kalwers

          Kan ek gars vir my voerkraalkalwers voer en waarmee kan ek dit meng sodat dit gebalanseerd is?
          • Voer van speenkalwers

            Ek voer 'n paar kalwers vanaf 6/7 maande ouderdom tot slaggewig (ongeveer 400kg). Op die oomblik gebruik ek voermol SB100. Ek het 'n paar vrae oor die meng van hierdie produk. 1. Wat is die beste om by te meng, gemaalde geelmielies of hominy chop? Ek kan hominy chop vir heelwat goedkoper kry as geelmielies, maar ek weet die mieliemeel het meer voedingswaarde as die chop. Sal dit dan beteken 'n dier gaan meer chop moet eet om dieselfde gewig…
            • Voeding van 3 maande oue speenkalwers tot afronding

              My seun het 10 kalwers gekoop om mee te spekuleer. Die kalwers is volgens die verkoopspersoon (middelman) ongeveer 3 maande oud. Hulle grootte en gewig wissel egter baie. Hoe kan hy bepaal of die diere nog melk moet ontvang en watter voer is op so 'n jong stadium die beste? Dan ook, wanneer moet oorgeslaan word na voeding volgens toekomstige grootte of gewig? Baie dankie. Frans
              • Voer van Tollies

                Ek wil weet of dit moontlik is om tollies (klein en meduim raam) vanaf ongeveer 200kg op relatief swak veldweiding (vlei en kweek) uit te groei en af te rond vir slag. Indien dit effektief gedoen kan word: watter rantsoene en/of lekke kan u aanbeveel? watse daaglikse voerinname en gewigstoename kan mens verwag? hoe lank behoort dit te duur voor slaggewig van ongeveer 400kg bereik kan word?