Mieliereste

← Terug na indeks
  • Stoekmielies as voer vir skape en beeste

    Ek het mielies geplant en soek meer inligting. Wat is die beste tyd om mielies te sny en te stoek om die beste voedingswaarde te kry? Wat is die voedingswaarde van stoekmielies en watter opbrengs kan ek per hektaar verwag? Kan jy asb. ‘n voersamestelling wat stoekmielies bevat om bulkalwers en lammers mee te voer?
    • Oorwintering op mieliereste

      My beeste loop net op die veld (Hoëveld suurveld) in die winter met oulandsgrasbale en Voermol Premix 450 lek. Ek wil graag bepaal wat die waarde van mieliereste is en wil hoor of julle my kan help met die volgende: Sou ek mieliereste vergelyk met gemaalde mielies en die beeste loop in die veld met 'n lek sonder enige hooi. Hoeveel gemaalde mielies moet 'n bees op 'n dag vreet om dieselfde waarde te kry as wanneer hulle in die…
      • Mieliereste, sitrus en lusern vir suiwelbeeste

        Ek wil mieliereste saam met lusern vir my melkbeeste voer. Wat moet ek byvoeg dat beeste mieliereste kan gebruik? Ek kan sitrus kry wat ek ook gaan byvoeg. Wat se opsies kan ek oorweeg? Mense sê ek kan bietjie hoendermis byvoeg, maar ek is skrikkerig om dit te gebruik.
        • Skoumengsel vir beeste

          Ek het mielies, suikerboonreste en mielie reste. Hoe kan ek dit meng en watse Voermol produkte kan ek byvoeg?