Lusern

← Terug na indeks
  • Lusern en rosyntjies as voeding vir beeste en bokke

    Ons het bokke en beeste op ons plaas in Springbokarea en wil graag uitvind watse produk (Super 18 /afrond) is in geheel die beste produk om te gebruik as voeding saam met lusern en rosyntjies?
    • Verpilde lusernkuilvoer

      Is dit moontlik om voerpille van lusern kuilvoer te maak? As klimaatsomstandighede dit moeilik maak om sekere gedeeltes van die jaar hooi te maak, het ek gelees dat kuilvoer gemaak kan word, maar ek wil dit graag in 'n verpilde vorm met ander grondstowwe meng. Iis dit moontlik met lusernkuilvoer?
      • Mieliereste, sitrus en lusern vir suiwelbeeste

        Ek wil mieliereste saam met lusern vir my melkbeeste voer. Wat moet ek byvoeg dat beeste mieliereste kan gebruik? Ek kan sitrus kry wat ek ook gaan byvoeg. Wat se opsies kan ek oorweeg? Mense sê ek kan bietjie hoendermis byvoeg, maar ek is skrikkerig om dit te gebruik.
        • Gras vervang met lusern in voer met SB100

          Ek wil graag weet of mens wanneer jy die aanwysings agter op die sak van SB100 volg, jy die gras wat hul aanbeveel met lusern kan vervang en net lusern en mielies en SB100 gebruik? Hoor graag van julle.
          • Inligting oor skuimopblaas

            Hoe word skuimopblaas veroorsaak?
            • Sny van Lusern

              Ek het die volgende paragraaf van die Elsenburg webwerf gekry oor die sny van lusern. "It is no longer regarded as advisable to follow the old traditional practice of cutting at 10% inflorescence. The re-growth of the crown should be borne in mind, to ensure that re-growth is not cut off. If regrowth from the crown is cut off, the reserves of the plant are depleted and yield losses may be expected". Soos ek dit verstaan sal dit beteken dat…
              • Planttyd vir vestiging van lusern

                Ek soek asb. raad en u mening. Ek is ‘n naweekboer wat ‘n eerste probeerslag maak op lusernverbouing. Ek het my grondvoorbereiding presies volgens julle riglyne gedoen. Ek kon egter eers nou saai en vasrol. Is dit te laat? Ek is in Oaktree buitekant Krugersdorp. Ek kan net 13 mm water per week gee. Is dit genoegsaam?
                • Verpilling van lusernkuilvoer

                  Is dit moontlik om lusernkuilvoer te verpil en nog steeds die kwaliteit te behou? Kan die kuilvoer met ander produkte gemeng word bv. gemaalde mielies en SS 200 en dan saam te verpil? Die rede is om vermorsing te verminder en vir beter voer gebruik.