Koeie

← Terug na indeks
  • Herkonsepsie van eerstekalfkoeie

    Ek sukkel om verse wat vir die eerste keer kalf weer herbeset te kry. Hulle begin te kalf einde September. Ek boer op suurveld en het geen oesreste of hooi nie.
    • Voeding van koeie en kalwers op droëveld in die Noord-Kaap

      Ek wil graag weet wat ek my beeste, wat tans kalwers het en op droëveld in die Noord-Kaap naby Postmasburg loop, kan voer (byvoedıng/lek)?
      • Droogtesituasie 2011

        Met die huidige droogte wat voortduur – wat staan my as veeboer te doen om voldoende kos vir die winter te hê ? Hierdie situasie geld veral vir die somerreënsaaigebiede.
        • Byvoeding vir skraal koeie na kalwing

          Ek het 10 koeie wat nou in die Suid-Kaap gekalf het. Hulle kondisie is redelik af as gevolg van minder weiding in die somer. Watter byvoeding (mengsel) kan ek hulle voer om kondisie op te tel. Wag om van julle te hoor. Baie dankie.
          • Produksielek vir koeie teenoor kruipvoeding vir kalwers

            Ek wil graag weet wat die beste resultate in 'n vleisbeeskudde gee, 'n produksielek vir lakterende koeie of kruipvoeding aan kalwers? Dalk 'n kombinasie? Ek gee tans 'n produksielek vir my koeie om hulle kondisie te hou en effens te verbeter nadat hulle gekalf het, sodat hulle gouer dekgereed is en ek glo melkproduksie sal ook beter wees, wat dus swaarder kalwers/vroeër speen teweeg sal bring. Ek was egter verlede week by 'n boer wat kruipvoer aan sy kalwers gee…