Kalwers

← Terug na indeks
  • Groen kuilvoer vir kalwers

    Kan ek groen mieliekuilvoer direk vanaf die land aan kalwers (250 kg) in kraal voer sonder enige byvoegsels? Sal die kalwers gewig optel?
    • NPN in kalwervoer

      Op watter ouderdom kan ek melkkalwerbulletjies voerpille met NPN begin voer eerder as die duurder kruipvoer? Ek dink aan skaap/lam afrondkorrels teen sowat 20% goedkoper as kruipvoer?
      • Formulasie vir ‘n wildskorrel en kruipvoer vir beeskalwers

        Ons het 'n voerpilmasjien op die plaas sowel as oorskot lusern en mielies. 'n Formulasie vir 'n wildskorrel sowel as 'n kruipvoer vir beeskalwers sal hoog op die prys gestel word.
        • Megasphaera elsdenii : melksuurbenuttende organisme

          Melksuur word algemeen beskou as die mees prominente suur verantwoordelik vir skerp daling in rumen pH en gevolglike suurpens. Is daar iets wat ek hieraan kan doen om sodoende my diere vinniger te laat aanpas op ’n ho?r styseldieet?
          • Heel mielieplant plus lusern as deel van voerkraalrantsoen vir beeste en kalwers

            Ek het lusern en mielies. Kan ek die hele plant deur die hamermeule gooi, met kop en al, en dit dan as 'n voer met SB100 gebruik?
            • Beste voedingsplan vir baie jong kalwers

              Ek wil graag meer kennis kry oor wat ek in my situasie moet doen! Ek het verlede jaar matriek klaar gemaak en het nog nie my eie grond nie, maar ek huur 'n klein stukkie grond. Op die stadium koop ek jong kalwers aan en gee hul melk vir so 7 tot 8 weke en haal hulle dan af, maar nou kom my groot probleem, weiding! Ek het omtrent net 'n hektaar en daar is niks weiding nie! Sal ek…
              • Beweiding van riete

                Ek het onlangs ‘n klein kudde van Ngunikalwers aangekoop. Daar is groen rietweiding langs die rivier. Hulle kwel hulle nie daaroor nie en wil liewer die dro? bosweiding vreet. Is hulle bang vir water?
                • Produksielek vir koeie teenoor kruipvoeding vir kalwers

                  Ek wil graag weet wat die beste resultate in 'n vleisbeeskudde gee, 'n produksielek vir lakterende koeie of kruipvoeding aan kalwers? Dalk 'n kombinasie? Ek gee tans 'n produksielek vir my koeie om hulle kondisie te hou en effens te verbeter nadat hulle gekalf het, sodat hulle gouer dekgereed is en ek glo melkproduksie sal ook beter wees, wat dus swaarder kalwers/vroeër speen teweeg sal bring. Ek was egter verlede week by 'n boer wat kruipvoer aan sy kalwers gee…
                  • Probleme met kalweraanvangsmeel

                    Verbeter asseblief vir my die volgende na aanleiding van 'n kundige wat beweer ons moet melkmeel insluit in 'n kalfaanvangsmeel om te gee vanaf 1 maand tot so 4 maande. Die huidige aanvangsmeel is: 50 kg geel mieliemeel (grof gemaal) + 20 kg katoenoliekoekmeel + 10 kg melkmeel (melkvervanger) + 15 kg lusernmeel + 5 kg Voermol Procon. Hoekom bly kalwers klein met 'n groot pens maar die res van die lyf vertoon maer? Tog kry hulle baie meel. Dankie,…
                    • Ekonomie van skaap- en speenkalf-afronding

                      Ek het die geleentheid om of skaap of kalwers af te rond. Watter een van die twee is meer ekonomies? Skaap kan ek nou aankoop en op mieliereste laat wei en 15kg in gewig laat toeneem voordat ek hulle verkoop. Ek kry nog die wol by as bonus. Kalwers moet ek oorwinter (op mieliereste) en dan op goeie groen gras laat afrond. Hulle neem 80kg in gewig toe voordat ek hulle verkoop. Watter van die twee opsies gaan my die…