Groenvoer

← Terug na indeks
  • Voedingswaarde van groenvoer

    Ek is baie geïnteresseert in die toetse wat vasstel hoeveel voedingswaarde ‘n voedingstof bevat. Alles word getoets op die droë materiaal (DM) van die voeding. Maar ek weet dat my ooie baie goed doen en baie melk het op raap en groenvoer onderskeidelik. So,kan daar nie bepaal word wat is die voedingswaarde sonder om dit eers na die DM toe te vat nie? Vraag no 2: hoe kan ‘n mieliepit wat vir ‘n bees gevoer word wat heel is meer…
    • Gemufte voer kan dodelik wees

      Is daar ‘n gevaar daaraan verbonde om groenvoer, wat in huise gekweek word, vir diere te voer?
      • Ekonomie van groenvoerproduksie soos bereken deur ‘n boer

        Ek verneem julle is al ‘n geruime tyd besig om met groenvoer te eksperimenteer in julle boerderyopset. Kan julle asb. van die bevindings met ons deel?
        • Drakrag van weiding verhoog deur groenvoer byvoeding

          Ek boer met bees in 'n omgewing waar die drakrag ongeveer 1 GVE tot 7 hektaar beloop. Met stygende grondpryse is ek 'n voorstander van nuwe metodes om meer te produseer per hektaar. Daar is tans "stelsels" te koop waar gars binne in 'n "container" in saaibakke geplant word en binne 6 dae as groenvoer vir beeste beskikbaar gestel kan word. Volgens die verskaffer kan jy uit een so 'n stelsel genoeg groenvoer produseer om vir min of meer 40…
          • Hidroponiese groenvoer – wetenskaplike oorsig

            Is daar wetenskaplike gegewens oor hidroponiese groenvoer beskikbaar?
            • Hidroponiese groenvoer kan nie alleen gevoer word nie

              Ek wil graag weet wat behoort die rantsoensamestelling te wees vir 'n kombinasie van hidroponiese hawer en ruvoer. Wat is die dro? materiaal (DM)-inhoud van hawerspruite (ek lees 12 % raak)? As ek 3 kg hawerspruite voer, gee dit 'n DM van 360 gram. Indien die ooi 2 kg DM per dag moet eet, kan ek die ander 1.64 kg met dro? lusern aanvul? Kan u 'n rantsoensamestelling voorstel of enige wenke gee omtrent die kombinasie van ruvoer en hidroponiese…
              • Mielies as byvoeding vir beeste

                Ek het Herefordbeeste as 'n sytakboerdery in die Namakwaland. Ek wil mielies aankoop om as aanvulling te dien. Ek het 'n hamermeul, genoeg lusern, hawer en kaf. Wat sal die beste wyse wees om mielies by te voeg, indien nodig?
                • Ontkieming van graan vir groenvoer

                  1. Hoe effektief is dit om graan in 'n kweekhuis omgewing te ontkiem en dan vir skape te voer as groenvoer? 2. Kweekhuise in die mark vir hierdie doel gebruik skoon water om die graan te ontkiem, so geen voedingstowwe word aan die graan toegevoeg nie. Is dit dan nie beter om die graan netso vir die skape te gee nie? 3. Indien daar 'n komposmengsel toegevoeg word by die water gaan daar nie skadelike voedingstowwe in die eindproduk wees…