Byvoeding

← Terug na indeks
  • Byvoeding vir skraal koeie na kalwing

    Ek het 10 koeie wat nou in die Suid-Kaap gekalf het. Hulle kondisie is redelik af as gevolg van minder weiding in die somer. Watter byvoeding (mengsel) kan ek hulle voer om kondisie op te tel. Wag om van julle te hoor. Baie dankie.
    • Mielies as byvoeding vir beeste

      Ek het Herefordbeeste as 'n sytakboerdery in die Namakwaland. Ek wil mielies aankoop om as aanvulling te dien. Ek het 'n hamermeul, genoeg lusern, hawer en kaf. Wat sal die beste wyse wees om mielies by te voeg, indien nodig?
      • Byvoeding vir ligter kalwers wat op wintersveld loop

        Ons wil al ons kalwers nou gelyk speen. Die bo 200 kg gaan ons voer. Watter byvoeding kan ons die ligter kalwers gee terwyl hulle op die veld loop, maar tog groei om dan later te voer? Dit moet baie ekonomies wees. Dankie vir u tyd.