Tulp

← Terug na indeks
  • Hooivergiftiging

    Is daar ‘n moontlikheid dat probleme kan voorkom as ek voer aankoop vir my diere wat a.g.v. van die droogte nie kos het nie.
    • Plante wat kardioglikosiede bevat wat die kardiovaskulêre stelsel aantas

      Nou met die droogte wil ek meer weet van tulpe, slangkoppe en plakkies wat vrektes veroorsaak as diere hierdie plante vreet.
      • Droë tulpblare is giftig

        Ek wil graag weet of tulpblare wat deur die winter tussen gras gegroei het nog steeds giftig sal wees teen die tyd wat die gras gebaal word in die somer. Of anders gestel, is droë tulpblare giftig?
        • Plantvergiftigings wat die hart aantas

          Kan u my dalk help? Ek het 'n vraag oor slangkop. Is die blom of die blare van die plant giftig? Op ons plaas sien jy gewoonlik eers die blare en dan die blom, maar hierdie jaar sien jy oral in die veld slegs die blomme. Kan dit wees a.g.v. die droogte? Is daar êrens meer inligting wat ons kan lees ten opsigte van slangkop?
          • Voorkoming van tulpvergiftiging

            Ek hoop u sal my kan help? Ek het ‘n groot probleem met tulpe in my winterweiding. My plaas is in Derby, Noordwes gele?. Die tulpe is die enigste groenigheid in die wintermaande en word dan deur beeste gevreet. Die beeste vrek gewoonlik 6 tot 8 ure nadat hulle die tulpe gevreet het. Enige raad sal waardeer word.
            • Tulpvergiftiging – hoe lyk tulpe

              Ons het 14 mooi verse verloor aan tulpe. Ons hou gewoonlik die beeste uit die tulpkampe (waar ons dink die tulpe kan wees) tot so November of Desember totdat die gras mooi gegroei het. Maar ons het nie kos gehad vir hulle nie en toe maar die kans gevat. Ons weet nie hoe lyk die tulpe wat giftig is vir die beeste nie. Ons boer in Vrede in die Noordoos Vrystaat. Kan u ons dalk meer raad gee oor hoe…
              • Tulpvergiftiging in Ermelo

                Ons het 'n versie wat die volgende kliniese tekens het: dronk, slap in die agterlyf en verward. Ons boer in die Ermelodistrik.  Pine Pienaar.
                • Kalfies verlam in agterlyf

                  'n Leser wil raad hê oor verlamming in sy kalwers se agterlywe en een van ons kundiges help.
                  • Tulpvergiftiging

                    'n Leser vra wat 'n "gifbossie" is en hoe dit bestry kan word. Prof. Christo Botha beantwoord sy vrae.
                    • Bestryding van wilde tulpe

                      'n Hoewe-eienaar het talle wilde tulpe op sy grond. Hy is bang sy vee vrek daarvan en wil weet hoe hy die plante kan uitroei.