Kruisteling

← Terug na indeks
  • Brangus of Branguskruising vir speenkalfproduksie

    Ek boer in die Kalahari waar 2/3 sandveld en 1/3 hardeveld is. Ek boer met Brangus en wil graag weet met watter ander ras ek moet kruis of moet ek by Brangus bly vir beste speenkalfproduksie?
    • Bonsmara en kruisteling

      Ek het Bonsmarakruisings wat tans kalf en dis hulle eerste kalwers van ‘n Sussexbul. Wil die beste raad kry om ’n beter kalf te kry vir vleis en hoogte. Ek wil hierdie Bonsmarakruising met ‘n tipe bul dek sodat ek die nageslag kan gebruik as teelverse en iets produseer wat vir die mark iets beteken. Help asb. Ek is ‘n opkomende boer in die Karoo.
      • Dexterkruisings

        Ons boer op 'n klein stukkie (220ha) grond 8km buite Dealesville in die Vrystaat. Ons het 'n Dexterstoet (die langbeen tipe bees) maar oorweeg dit om eerder oor te skakel na 'n kommersiële beeskudde weens die tekort aan aanvraag vir Dexters a.g.v hulle klein karkasbou. Ons wil ons koeie gebruik in kruisteling om sodoende 'n kalf met 'n groter karkas en meer kg vleis te kry. Kan iemand my asb. raad gee oor watter bul die beste sal wees om…
        • Simmentalerbul op Guernseykoeie

          Ek wil ‘n Simmentalerbul gebruik op my Gueurnseykoeie. Is daar komplikasies met kalwing?
          • Bonsmara- of Brahmanbul by Dexterkoeie

            Ek het Dexterkoeie. Kan my Bonsmara- of Brahmaanbul hul dek? Kan daar kalfprobleme voorkom?
            • Beefmasterkruising met Friese

              Ek wil graag oorskakel na vleisbeesboerdey. Kan ek ‘n beefmasterbul met my Frieskoeie laat teel?
              • Lynteling, kruisteling, inteling

                Kan u my dalk meer inligting oor lynteling gee, want ek het al met mense daaroor gepraat, maar niemand kan dit regtig aan my verduidelik nie. Ek boer met boerbokke op weiding en wil ook met ‘n stoetery begin en het al by verskeie telers goeie bokke en ramme gekoop. Ek het ‘n passie vir bokke en teling, daarom wil ek meer daaroor uitvind. Hoop u kan my help. Dankie, Pieter Agenbag
                • Kruisteling met Nguni’s

                  As ons kyk na die pryse van stoet Nguniverse en koeie wat onlangs op veilings aangebied is, lyk die mark baie gesond. Ek draai op die stadium by die 100 stoet Ngunikoeie wat by stoet Ngunibulle loop. Die aanteel word op ongeveer 18 maande (verse) en 26 maande (bulle) op Ngunigenootskapveilings verkoop. Soos ek meld, lyk die pryse baie goed. Ek sit net met iets wat my nou al vir ‘n ruk lank pla. As ek my somme mooi sit…
                  • Kruisteling op Bonsmarakoeie

                    Ek het 50 Bonsmarakoeie beskikbaar waarmee ek ‘n kruistelingsprogram wil doen vir speenkalfproduksie. Is gele? in Kroonstadomgewing. Soek dus idees van watse Bos Taurus bulle ek kan gebruik om die beste uit heterosis te kry wat hopelik beter speengewig sal gee sonder die moontlikheid van distokie by my koeie. Het gedink aan ‘n enkel kruissisteem en dan eerder my vervangingsverse aan te koop as om self te teel. Die plan is ook om kalwers self af te rond en dan…
                    • Vleisbeesras of -kruising vir die Laeveld

                      Watter vleisbeesras of -kruising sal die beste aard in die Laeveld (Graskop tot Barberton) en waar is die beste plek om hierdie diere in die hande te kry?