Konsepsie

← Terug na indeks
  • Kuddebestuur voor die dekseisoen

    Hoe berei ek my verse, koeie en bulle voor vir die dekseisoen?
    • Verbeter vrugbaarheid van kudde so

      Hoe kan ek vrugbaarheid in my kudde verbeter?
      • Verbeter reproduksie van vleisbeeste deur genetika

        Hoe kan ek my vleisbeeskudde se reproduksie verbeter?
        • Afhok van kalwers om koeie op hitte te kry

          Ons dekseisoen begin 1 Nov tot 1 Feb. Nou wil ons weet, hoeveel waarheid of waarde daar insit, om kalwers van tyd tot tyd, vir 24 uur, af te hok om koeie makliker op hitte te kry.
          • Koeie raak nie beset nie

            Ek het 12 Brahman kruiskoeie. Hulle het nou al vir die derde keer teruggekom bul toe. Ek het na die tweede keer ‘n ander bul aangeskaf, maar hul begin nou weer op hitte kom. Van die koeie was alreeds twee maande gelede gedek, maar keer nou weer terug bul toe. Ek vermoed dat hulle besmet kan wees met vibriose. Moet ek maar as voorsorg almal ent al weet ek nie of sy beset is of nie?
            • Dragtigheids- en bulondersoeke in beeste

              Ek boer in die Kosterdistrik met Brahman x Charolais beeste. Ek het 24 verse in 2009 teruggehou en in Julie 2010 ‘n Angusbul by hulle gesit. Ek het tot dusver geen tekens van dragtigheid gesien nie. Moet ek dragtigheidsondersoeke doen of hulle nog ‘n kans gee? Wessel Verwey.