Koeie

← Terug na indeks
  • Kuddebestuur voor die dekseisoen

    Hoe berei ek my verse, koeie en bulle voor vir die dekseisoen?
    • Gebruik van pelvismetings vir seleksie

      My skoonpa het ‘n stuk grond waarop hy huidiglik nie meer boer nie. Ek oorweeg om die plaas te boer, maar sal dit aanvanklik eers deeltyds moet aanpak. Ek gaan dus nie heeltyd daar wees om die diere op te pas nie, so kalfgemak is baie hoë prioriteit. Ek verneem van ‘n kollega dat daar boere is wat goeie sukses het met die seleksie van diere gebaseer op ‘n sogenaaamde pelvismeting. Ek sou graag meer daarvan wil weet, m.a.w. hoe…
      • Beste tyd vir ‘n koei om te kalf

        Ek wil net graag weet wanneer kry ‘n koei die swaarste, in die winter as sy ‘n jong kalf het of as sy swaar dragtig is? Dit is Bonsmarakoeie wat op die veld wei met slegs aanvullingslek wat vir hulle gegee word. Die plaas is in die Rouxvilledistrik, Suid-Vrystaat.
        • Herkonsepsie van eerstekalfkoeie

          Ek sukkel om verse wat vir die eerste keer kalf weer herbeset te kry. Hulle begin te kalf einde September. Ek boer op suurveld en het geen oesreste of hooi nie.
          • Aankoop van ou dragtige koeie om mee te teel

            Ek wil dragtige ou koeie koop omdat ek reken hulle het op die boer se plaas oud geword omdat hulle regtig goeie koeie is. Die boer reken die koeie is omtrent 9 jaar oud. Wat ek wil weet, is hoe oud kan vleisbeeskoeie word ten einde te bepaal of ek darem nog ’n paar kalwers van hulle af sal kan kry.
            • Mummifisering van fetus

              Naand dokter.Ek het so n paar maande gelede vir u n vraag gevra ivm die mooi vet dorperooie wat nie wou dragtig raak nie.Hulle was heeltyd by die ramme en moes nou November lam.Hulle maak geen uier nie en ek het toe maar begin om 2 te slag.Al twee was dragtig met groot volmaakte lammers.Die lam was binne n harde sak so groot soos n rugby bal.Daar was ook omtrent geen vog nie en gelyk of alles versteen was.Dit is…