Kalwing

← Terug na indeks
  • Koei gaan lê voor kalwing

    Ek het onlangs 'n koei met melkkoors gehad . Die koei lê en is baie swak en ek kan sien hoe die kalfie in haar skop. Hoelank voor kalwing is die koei as ek die kalfie al kan sien beweeg ? Nog 'n vraag is of ' n koei tekens van bronstigheid sal wys indien sy dragtig is? Want die einste Jerseykoei wat huidiglik melkkoors gekry het , het ongeveer 5 weke terug by twee geleenthede 'n bulstring getoon.
    • Gebruik van pelvismetings vir seleksie

      My skoonpa het ‘n stuk grond waarop hy huidiglik nie meer boer nie. Ek oorweeg om die plaas te boer, maar sal dit aanvanklik eers deeltyds moet aanpak. Ek gaan dus nie heeltyd daar wees om die diere op te pas nie, so kalfgemak is baie hoë prioriteit. Ek verneem van ‘n kollega dat daar boere is wat goeie sukses het met die seleksie van diere gebaseer op ‘n sogenaaamde pelvismeting. Ek sou graag meer daarvan wil weet, m.a.w. hoe…
      • Opteltoerusting vir beeste wat nie kan staan nie

        My koei kon nie kalf nie weens ‘n kalf wat te groot is. Haar senuwees moes seergekry het want sy kan nie opstaan nie. Weet julle van toerusting wat kan help dat ek haar kan laat staan?
        • Beste tyd vir ‘n koei om te kalf

          Ek wil net graag weet wanneer kry ‘n koei die swaarste, in die winter as sy ‘n jong kalf het of as sy swaar dragtig is? Dit is Bonsmarakoeie wat op die veld wei met slegs aanvullingslek wat vir hulle gegee word. Die plaas is in die Rouxvilledistrik, Suid-Vrystaat.
          • Vrugbaarheid se invloed op vleisbeesboere se inkomste

            Hoe kan ek as vleisbeesboer my inkomste vergroot?
            • Kortste dragtigheidsperiode vir ‘n koei

              Op 12 Desember 2014 het my een koei gekalf. Tot enkele dae tevore het ek nie eers geweet sy is dragtig nie en was van mening dat haar kondisie nie goed genoeg daarvoor is nie. Die kalf is egter gebore. Hy was maar redelik swak, kon nie aan die veels te groot spene drink nie en ons het die koei maar uitgemelk en per bottel melk vir die bulkalf gegee. Enkele dae later het hy egter self begin drink en…
              • Posisie van kalf met geboorte

                Wat is die rede dat kalwers agterstevoor gebore word?
                • Probleme met kalwing

                  Kalwingsprobleme (distokie) in vleisbeeste was uitermatig hoog gedurende die 2012 kalwingseisoen. Wat sou die redes hiervoor wees?
                  • Bonsmara- of Brahmanbul by Dexterkoeie

                    Ek het Dexterkoeie. Kan my Bonsmara- of Brahmaanbul hul dek? Kan daar kalfprobleme voorkom?
                    • Byvoeding vir skraal koeie na kalwing

                      Ek het 10 koeie wat nou in die Suid-Kaap gekalf het. Hulle kondisie is redelik af as gevolg van minder weiding in die somer. Watter byvoeding (mengsel) kan ek hulle voer om kondisie op te tel. Wag om van julle te hoor. Baie dankie.