Genetiese afwykings

← Terug na indeks
  • Gesplete verhemelte of gesplete lip

    Ons boer in die suide van Namibië. Die boerbokke lam nou en vanweë die gunstige omstandighede, is die drielinge volop. Onder andere is een van 'n drieling met 'n gesplete verhemelte gebore. Kan u aan my verduidelik wat dit veroorsaak en of dit verhoed kan word? Is daar 'n kans op oorlewing?
    • Kalwers met lang kloue gebore

      Ek het opgemerk dat twee van die kalwers wat gebore is ongewone lang kloue het en as gevolg daarvan het hulle probleme om maklik te loop. Hulle trap met die agterste deel van die kloue wat sagter is en dan kry hulle seer en dan loop hulle baie moeilik veral op klipperige areas. Dit is die eerste keer dat ek so iets onder die kalfies opgemerk het. By een van die kalfies kom dit voor by the voorste en agterste…
      • Vers steek spene weg

        Ek het onlangs dragtige F1 Nguni X Boran verse gekoop. Dit lyk of een van die verse nie 'n uier (of spene) het nie. Toe ek die verse gelaai het by die verkoper, het hy my verseker dat sy haar spene so optrek miskien oor sy gestres is na die laai. Nou vandat sy in die veld is, sien ek nog steeds nie die spene nie. Is so iets moontlik (spene wegsteek) en kan 'n veearts kom voel of als…
        • Skape met lang onderbekke

          Van tyd tot tyd kry ek dit dat van my ramme wat ek in die stal het en lank voer vir skoue en veilings begin om oor te byt (lang onderbek). Ramme kry volvoer met tef ad lib. 1.Wat veroorsaak dit? 2.Hoe kan dit voorkom word? 3.Kan dit herstel as ram op weiding loop? 4.Is die probleem oorerflik?
          • Schistosomus reflexus

            Ek kry hierdie foto’s van ‘n boer. Die lammers se pense bars oop tydens geboorte. Weet jy dalk wat dit kan veroorsaak?