Dexter

← Terug na indeks
  • Dexterkruisings

    Ons boer op 'n klein stukkie (220ha) grond 8km buite Dealesville in die Vrystaat. Ons het 'n Dexterstoet (die langbeen tipe bees) maar oorweeg dit om eerder oor te skakel na 'n kommersiële beeskudde weens die tekort aan aanvraag vir Dexters a.g.v hulle klein karkasbou. Ons wil ons koeie gebruik in kruisteling om sodoende 'n kalf met 'n groter karkas en meer kg vleis te kry. Kan iemand my asb. raad gee oor watter bul die beste sal wees om…
    • Antwoorde oor Dexters

      Ek oorweeg dit om 'n klompie Dexters aan te skaf maar is onseker oor die prys. Die kudde is nou nie stoetkwaliteit nie, maar is aanvaarbaar. Kan julle dalk help met die volgende vrae: - Wat is die gemiddelde prys vir 'n koei en vir jong versies (6 - 12 maande)? - Op watter ouderdom/gewig kan verse gedek word? - Op watter gewig kan hulle geslag word?
      • Bonsmara- of Brahmanbul by Dexterkoeie

        Ek het Dexterkoeie. Kan my Bonsmara- of Brahmaanbul hul dek? Kan daar kalfprobleme voorkom?
        • Dexter as grootvee-eenheid

          Hoeveel Dexterbeeste kan ek in die plek van een gewone grootraambees aanhou? My drakrag is 10ha/GVE en ek verstaan dat 'n Dexter nie as 'n (volle) GVE gereken word nie.
          • Dwerggene van Dexters

            Ek wou graag met Bonsmaras boer, toe vind ek uit dat ek Bonsmaraverse teen ongeveer R 7 500 stuk, nie kon bekostig nie. Ek wou ook nie ’n lening aangaan nie. Ek het besluit om maar vier langbeen Dexterkoeie by ’n kollega wat na die V.S.A verhuis het, te koop teen R 1500 elk. Ek het ‘n Simbrabul gekoop, aangesien ek nie rêrig met Dexters wou boer nie. My eerste oes was goed geboude kalwers en al die koeie het…