Bonsmara

← Terug na indeks
  • Bonsmara en kruisteling

    Ek het Bonsmarakruisings wat tans kalf en dis hulle eerste kalwers van ‘n Sussexbul. Wil die beste raad kry om ’n beter kalf te kry vir vleis en hoogte. Ek wil hierdie Bonsmarakruising met ‘n tipe bul dek sodat ek die nageslag kan gebruik as teelverse en iets produseer wat vir die mark iets beteken. Help asb. Ek is ‘n opkomende boer in die Karoo.
    • Hoe om jou inkomste uit vleisbeesboerdery te verhoog

      Ek het ‘n voordrag van Gerrit van Zyl oor die rol van diere-aantekening tydens Stamboek se kongres in Bloemfontein bygewoon en dit het my so beïndruk dat ek dit graag vir alle vleisboere beskikbaar wil stel. Gerrit het die voordrag verder uitgebrei en hieronder is dit beskikbaar. My dank gaan uit na hom!
      • Bonsmara- of Brahmanbul by Dexterkoeie

        Ek het Dexterkoeie. Kan my Bonsmara- of Brahmaanbul hul dek? Kan daar kalfprobleme voorkom?
        • Kruisteling op Bonsmarakoeie

          Ek het 50 Bonsmarakoeie beskikbaar waarmee ek ‘n kruistelingsprogram wil doen vir speenkalfproduksie. Is gele? in Kroonstadomgewing. Soek dus idees van watse Bos Taurus bulle ek kan gebruik om die beste uit heterosis te kry wat hopelik beter speengewig sal gee sonder die moontlikheid van distokie by my koeie. Het gedink aan ‘n enkel kruissisteem en dan eerder my vervangingsverse aan te koop as om self te teel. Die plan is ook om kalwers self af te rond en dan…